Maart 2007


mcds-003.jpg mcds-001.jpg mcds-002.jpg 

Dit het my so onkant gevang.  Ek was besig om ‘n bestelling in te sit, by ‘n leepoog, oninteressante lukrake rooi en geel diverse man.  Ek het gevoel iets loer vir my.  Ek het ‘n sterk telepatiese besoek gehoor van onder die toonbank.  Ek het omgekyk dit was my eks.  Ek het teruggekyk.  Ek het betaal.  Ek het gaan sit.  Ek het my mcpakkie oopgemaak.  Ek was volmaak. 

Hy kan vir my sing.  Hy bly interessant en impulsief as ek sy oor draai.  Hy hou van die nuutste tunes.  Met sy onderliggende sin vir humor.  Met sy manlike drie bene.  Sy oë wat regdeur my siel kan kyk.  Sy lippe, wat ‘n leeftyd van negatiwiteit kan uitvee.  Sy spiere wat my die toekoms kan laat verstaan en soms voorspel.  Sy geheue wat liefde maak met Midnight Sonata.  Sy hare wat my omvou met Shakespeare.

Dit was so onverwags so skielik.  Ek is verlief!  Ek is lief!

“Maar moet jou nou gaan vervang met ‘n ander R14.95, want ek is honger!”

daggie-in-canalwalk-005.jpgMy naam is Rolf.  Ek is nie ‘n Golf.  Ek is ‘n opreg geteelde Volkswagen kewer.  Sonder ‘n lewe(r).  Dit was nie my keuse om ‘n ‘has-been’ te word.  Dit was die company, hulle het geld gekort.  Toe vat hulle my boetie en pimp hom op.  Ek het hulle almal amper onder die gat geskop.  Maar ek het mos nie bene nie, soos jul kan sien.  Ek is geseën met ‘n ronde neus en ‘n pap wiel.  My hart sit in my agterstewe, dis rerig ‘n wonderwerk dat ek nog lewe.  Daar’s nie eintlik plek vir iets in my kattebak, miskien ‘n koffer, ‘n baaibroek en ‘n vlieëplak. 

Mense onderskat my geheue en spoed, as ek perongeluk voor hul indraai dan word ek gevloek.  Ek’s oud, okay, sien sal ek baie graag wil.  Maar lyk dit vir jou of my oë gepas is vir ‘n bril?  Jy hoor my van ver af nader kom, jammer ek leef, maar ek brom.  Ek is ‘n bejaarde, want ek is sewe eeue oud.  My vel is afgedop en my enjin koud.  Ek is uniek in enige kar se soort.  Vat my vir ‘n gek, doen dit, gaan so voort. 

Nou word daar vir my nog gesê waar ek myself kan stop, my ander parkeerplek is gesteel deur ‘n swart twee-deur pop.  So haal daai boetekaartjie nou van my gesig af, ek is oud, ek sit hier en wag want ek mag.

 dit was lekker

    Ek het ‘n wardrobe malfunction gehad, toe besluit ek om vir  die tema “rykmanskind” te gaan. Ek het. Ons het vertrek in ‘n kar (myne) genaamd ‘Cynthia’. Sy’s mooi. Vinnig. Gery na Vergelegen vir ‘n onveergeetlike aand van ballet, opera, sjampanje, oumense, viole, kerse, trompette, Afrika kore en knoffelbroodjies. Pruime.

    Op ons klein stukkie laslappie, het ek en Salomé onsself heelvoor gaan inwurm langs Random oumense en vier Weird mense. Die ryk, groot oom langsaan het ons eenkeer stil gemaak (“Keep quiet!”) toe opgewondenheid en die gewoonte om heeltyd hard te praat in klubs (Spur) ons nie laat dink het dat hierdie werklik ‘n plek is waar mense klassieke musiek waardeer en na wil luister nie, nes ek en Salomé.

    Na Jannie Moolman en sy krop vir ons gesing het. Die 10/13 jarige klein Japanesies van Durban hul viole ordentlik laat spaander het. Kondig die aanbieder aan dat ons nou almal gaan opstaan en litte roer, terwyl Claire Jonson ‘dance some more’ sing.

    Ek hoor ou tannies uiter: “Oh, shit!” en “Joy, you got a candle?”. Die weird mense doen onetiese danse. Ons dans maar net en bespreek solank wie wat vat dat ons so gou as moontlik kan weg. Verkeer is so ‘n helsem. Dit was lekker! Ons het toe gaan krieket kyk. Ons het lekker gespeel.

    Starlight Classics was ‘n wegbreek van realiteit.

    Die oom het “I’m so sorry” tydens pouse gesê!

    

  Met een helse geklang van emosie en warrelende gevoelens probeer ek al my irritasies in ‘n koffer druk en toe te forseer.  Totdat Pandora rustig, aangesluip kom, en haar lang, lustige vingers aanwend, om die lissie, stadig, maar seker, stilletjies oop te sluit en met een moerse BOOM ontstnap sewe soorte hel! 

 My neus jik, my oë draai in die rondte en verander in twee glasballe wat agterstevoorom vandag se nuus in die Burger lees, my hol word gekrap deur 200 jaar se apartheid, my hare verander in ses duisend tierboskatte wat vir 9 eeue lank saam in ‘n sardien blik moes bly en my vingerpunte skiet uit in 800 jaar se Shakespeare karakters wat nooit hul wraak kon neem nie.

Ek ontplof in 87 658 stukke en skree: ”Jy irriteer my!”

 Net daar besluit ek om te emmigreer.

    

 

  ‘n Deurskynende “Ontnugteringhet my aangeval.  “Ek het gedink” dat ek nou absoluut alleen is.  Dat “Die Onverkrygbare” nou weggebêre in ‘n oester lê.  Waar sy besig is om te verander in ‘n universele perel, sonder om “puberteit” weereens in die oë te staar.  “Die beeldhouer” van haar nageslagte het ons almal seer agter gelaat.  Waar haar “Ontwaking”  nooit meer sal gebeur.  Haar “vyf lewens” is nou verby en daar in haar “graf” koester sy woorde en gedagtes wat nooit uitgespoel gaan word nie.

Ek was alleen toe ek sarsies rooi beleef in my woonkamer wat uitstaar na Gordons.  Ek het orals gesoek vir ‘n potlood wat erens dryf.  Vir ‘n vel papier wat homself gelees wil hê.  Vir ‘n stem wat sê: “Okay, dit was als ‘n grap, ek het julle almal gekierang!”  Vir ‘n horlosie wat aangeroei kom en wys dat dit nou 1956 is.  ‘n Hand wat smag na plat sand om woorde op neer te lê. 

 Ingrid Jonker, vir jou, gaan ek nog eendag gou, uit die baai kom grou.  Want “Jy het vir my gesterf…”

 

L’art poetique

Deur: Ingrid Jonker

“Om myself weg te bêre soos ‘n geheim

in ‘n slaap van lammers en van steggies

Om myself te bêre

in die saluut van ‘n groot skip

Weg te bêre

in die geweld van ‘n eenvoudige herinnering

in jou verdrinkte hande

om myself weg te bêre in my woord ”

 

Jissie, Ingrid!!  Los jy ons almal hier droogbek!!

intervarsity-016.jpg

 Was ek verbaas toe ek hierdie paradoks moes aanskou by ‘n plaaslike rugbywedstryd – ek kan nie onthou wie gespeel het, wie gewen het, wie langs my gesit het, na wat die persoon agter my se asem geruik het nie.  Wat doen jy as ‘n man met ‘n leeu gesig en maanhare reg voor jou gaan sit en jy glad nie ‘n verbandhouding met sy situasie het nie?

Die man se boskaas was omtrent ‘n woning van honderde spesies denkbeeldigevriende.  Ek moes myself net keer om nie daar in te spring en vir *Melvis te gaan soek nie (‘n oerwoud van swaaiende bene, arms, onvoltooide stories en kinders).   Ek moes keer op keer op my hande gaan sit sodat ek nie my bewerige vinger dalk sou uitsteek en aan sy bewegende pels (dalk van die wind, dalk nie) sou vat nie, net nou draai hy om en brul.  Daar was darem iets om my torretjie op my proppie te hou, die kaalkop reg voor my wat alle gedagtes en aksies ge-ewenaar het.

 

* – skuilnaam van denkbeeldigevriendin (verander weens persoonlike redes)

 

                 

     

      

                  Vandag was die heel laaste!!

 

 

 

 

Volgende keer as ‘n kelner/in vir my vra of ek ‘n hard gekloekte of sshhaaghte eier soek en ek ge-ira terug moet antwoord: “Askies, ek kon nie hoor nie, jy blêr ‘n bietjie, wat soek ek hoe?!” en hulle my en my metgesel met leep ogies aankyk en vir die derde keer onduideliker vra of ek my eier hardgekook of loperig soek – gaan ek opstaan die specialspapier in sy/haar keel afdruk, hom/haar oor die kop slaan met die ongebalanseerde tafel  en dan met innige spyt luidkeels skree:”Almal uit die restaurant!!  Daar’s ‘n spraakprobleem in ons midde!!”

Aandag:  Wenk aan alle restaurant eienaars – voordat jy enigsins ‘n potensiële kandidaat die spyskaart of basiese bediening taktieke wil aanleer, vat hom/haar eers vir spraakopleiding, stemanalise, neutrale uitspraak kursus en ‘n audiblox-program voor enige verdere stappe geneem word.

Aandag:  Alle klante wat na kelners se gemompel moet sit en luister – Begin ‘n groentetuin en eet by die huis!!

 

 

 


In plaas van om 20 vlieë
of 20 turke
of 20 konfytrolle
of 20 klokke te slaan.
Slaan jy voor jy jou kon kry
20 JAAR
en nie ‘n dag minder nie.

 

 

Ja, jou tienertyd is nou verby en al jou liggaamsdele is nou so te sê gemaak en laat staan. Jy besef ook nou natuurlik dat jou spiere nie meer so maklik sal kan rek/strek nie en so is jou kanse daarmee heen om jou tone gemaklik te kan lek sonder om jou knieë te buig. Jou vel is nou ‘n sentimeter dikker (miskien van vet, miskien nie). Jy moet nou internetbanking kry en dinge met tjeks of kredietkaarte begin betaal. Jy moet budgets uitwerk en vroeg gaan slaap. Jy moet spaar vir vakansie saam jou kroos en jou stokperdjies se saal afhaal. Jy moet eet wat in die kas is en ou klere weggooi of skenk aan minderjariges. Jy moet ook nou jou eie petrol aankweek en met tabak jou zolle rol. Jy kan maar sonder skaamte kaalvoet gaan stokkielekkers koop by die One Price Store en oranje oorbelle dra. Lewe is ‘n lied so skryf hom in ‘n Oktaaf laer, maar moenie te veel moeite doen nie, net nou ooreis jy jou lyf.

Nou staar jy mondigheid in die oë en skree:”Kan nie wag vir die party nie!”

(Geluk met jou verjaarsdag Gido/BFF!!)

(Geluk met jou verjaarsdag Roos – I’ve got your back)

  Hoekom sit daar altyd

 een/twee/drie/vier gedagte(s) vas in ons brein? 
Wat ons net nie kan/wil/sal vergeet nie!?
 Hierdie ding/gebeurtenis speel hom/haarself af oorenoorenoor!!
 Tot dit ons almal dryf tot waansin/malligheid en ons nuwe idees/vriende/ouers vergelyk met mekaar
 en ek/ons (almal) net meer depressief/deurmekaar raak en ons vergeet wie/wat ons eintlik is. 
  
In 3de Laan regoorkant die blomme/sjokolade winkel en skuins-langs die Oogkundige/Hartdokter 
is die geheueverlies winkel.  Gaan koop vir jou ‘n boksie en vergeet jou lewe/ervarings!!

“Koop vir my ‘n CD”