Vandag was die heel laaste!!
Volgende keer as ‘n kelner/in vir my vra of ek ‘n hard gekloekte of sshhaaghte eier soek en ek ge-ira terug moet antwoord: “Askies, ek kon nie hoor nie, jy blêr ‘n bietjie, wat soek ek hoe?!” en hulle my en my metgesel met leep ogies aankyk en vir die derde keer onduideliker vra of ek my eier hardgekook of loperig soek – gaan ek opstaan die specialspapier in sy/haar keel afdruk, hom/haar oor die kop slaan met die ongebalanseerde tafel en dan met innige spyt luidkeels skree:”Almal uit die restaurant!! Daar’s ‘n spraakprobleem in ons midde!!”
Aandag: Wenk aan alle restaurant eienaars – voordat jy enigsins ‘n potensiële kandidaat die spyskaart of basiese bediening taktieke wil aanleer, vat hom/haar eers vir spraakopleiding, stemanalise, neutrale uitspraak kursus en ‘n audiblox-program voor enige verdere stappe geneem word.
Aandag: Alle klante wat na kelners se gemompel moet sit en luister – Begin ‘n groentetuin en eet by die huis!!
Maart 18, 2007 at 03:01
lollers
Maart 18, 2007 at 16:34
Snaaks, ja. Dit sal ook grappig wees as jy jou huidige bevoorregte posisie verloor, en op geen ander manier kos op jou tafel kan kry behalwe deur as kelnerin te werk nie.
Maart 19, 2007 at 10:39
Ek stem saam dat die keuringsproses vir kelners glad nie streng genoeg is by sommige restaurante nie. Veral nie as mens iets hoor soos: “Nee, ek weet nie wat die specials is nie; ek werk nog net 3 weke hier.”