![]()
Die obsessie oor die bekende Mona Lisa, geskilder deur Leondardo da Vinci, het my nog altyd gefassineer.

Dis nie so asof dit een van die mooiste skilderye ooit is nie.
Die kleure is maar bra vervelig en die vrou/man wat op die doek pruik is nou nie juis ‘n Sport Illustrated model nie. Die landskap in die agtergrond is nie ‘n afbeelding van God’s window nie. Haar hare lyk of dit so week, ongewas in Kaapse weer spandeer het. Sy het ‘n langwerpige neus en geen wenkbroue.

Dalk is dit haar verbeeldingryke oë wat almal in hulle lense laat stik. Of haar groot hande wat wyd verspreid om haar arm gryp. Of haar misterieuse glimlag. Of die hele geskiedenis en intrige agter die man wat dit geskilder het. Of dalk die obskure manier waarop sy sit. Of dalk die feit dat haar onperfeksie op die ou einde Perfek was.

Of dalk is dit net oor die Mona Lisa so normale en ongekompliseerde uitleg, wat dit baie maklik maak om ‘funny’ goed daarin te edit!


Jy vra my om jou tas te dra? Jy vra my om jou gedagtes te reinig met my “unieke skoonheid en sjarme”? Jy vra my om skyfies vir jou te voer wat ek met my eie hande moes rasper? Jy vra my om my hart met ‘n vlymskerplem oop te kerf terwyl jy kyk, Sadis? Jy vra my om my menswees wegtegooi en my persoonlikheid om te ruil vir nagte lange vrees? Jy vra my om my rug te draai op my kinders wat skree terwyl jy met hulle speel?
Jy sit in ‘n restaurant. Voor jou sit ’n nat-agter-die-oor tiener/universiteit couple. Inmekaar gevleg soos ‘n knoop wat jou pa in vislyn gemaak het om aas op die hoek te hou. Jy sien hulle oë skitter, en hulle wimpers lyk ekstra lank soos wat die liefde uit hulle oogballe straal. Hulle voorkoppe maak gedurig kennis. Hulle hande doen die Tango en vier ander volksdanse. Hulle voete druk mekaar knus vas, terwyl hulle tone kennis maak met mekaar.
een se hand om die ander se nek. Gedurende die byt van jou maaltyd besef jy dat jy nie die enigste een op die grasperk is wat nou iets gaan eet nie.
Ek ry met my ruite oop vir vars lug na die lang dag.






