
Ons het almal verby die 1 geloop met die seer toon. Net voor hy omdraai en homself seermaak van skaamte oordat sy hoepel 8 vriend opgegooi het in die bak van ‘n verbygaande 3. Die 3 het onmiddelik sy rug gedraai, ‘n 4 uit sy sak geruk en die 8 met 2 wilde swaaie deur sy 6 vingers gesteek.
Die 8 sak af grond toe op die vlak van 5 met rooi syfers wat uit sy mond loop. 9 wolke kyk af op die storie en hou homself blind. Soldaat 7 stroom verby en help om te red, tevergeefs. 8 is klaar besig om wegtekwyn in 10 deeltjies. 10 onophoudelike seer en uitputtende deeltjies. Die 10 deeltjies ontmoet in park 12 om te besluit watse vorm hul nou gaan aanneem. Hul besluit om die vorm van iets aan te neem wat elke eienskap van die 8 se lewe bevat.
Kom ons vorm ‘n skaamte? Kom ons vorm dronkenskap? Kom ons vorm geweld? Kom ons vorm status? Kom ons vorm ignoreer? Kom ons vorm hulpeloosheid?
Kom ons vorm ‘n Mens!
“Okay!”
Julie 24, 2007 at 10:38
Ekt nog nooit van wiskunde of eintlik enige vorm van syfers gehou nie. Hierdie is egter heeltemal iets anders, eks nie heeltemal seker hoe om dit te beskryf nie, maar ek voel n definitiewe aantreking tot syfers as ek dit lees…:-)
Baie baie goed
Julie 24, 2007 at 11:42
Sjoe maar die syfertjies laat my kop swem :/
Nogals ‘n interessante benadering…
Ek hou steeds baie van die grappie:
Die twee nulle loop hand aan hand in die straat, terwyl ‘n 8 van voor af kom.
Die een nul sê vir die ander: “Jitte, check hoe styf sit daai ou se belt!!”
Julie 24, 2007 at 12:01
Ja, so is die lewe…
Ek sien dit so baie en hoop dan dat hulle ook tot die besluit sal kom om net mens te wees.
Julie 24, 2007 at 15:09
LOL!!! ek het nog nooit daai grappie gehoor nie, dizzy…maar dis nogals funny ja!!
Thomas: as daar maar net meer mense so gedink het,né? maar nou ja!
Sherriff, pasop dat die aantrekking nie seksueel is nie..:-)
Julie 24, 2007 at 18:47
Food for thought, maar jy’t my al verloor by die 3…
Ek het jou nou eers ontdek, maar ek sal gereeld kom kuier!
Julie 25, 2007 at 03:14
Ek wou nog altyd ‘n 3 gewees het. Net nooit ‘n 9 nie, asseblief.
Julie 26, 2007 at 13:42
Wiskunde kan nie jok nie…of so word gefilosofeer, want 2 plus 2 is mos 4. Somtotaal, die waarheid. Die vraag is, kan ons die filosoof vertrou?
Julie 26, 2007 at 23:29
Thanx, Dellie. Hoop om jou baie hier te sine..
Roer – mmmm, as die Filosoof ‘n goeie mens is – hoekom nie?