lonely-742719.jpg 

Hi.  Ek is eensaam. Toe dog ek of jy nie gou hier by die venster ‘n ou ietsie wil kom luister nie.  Ek sit met ‘n valsnoot in my mond en ek het gewonder of jy hom nie dalk vir my kan suiwer uiter nie?

Asseblief, ag, toe, ek vra so mooi. 

Wees ‘n darling en vat hierdie flat B mol en verander hom in ‘n asemteug van delikate druppels wat kaplons teen oordromme vibreer.  Pars hom  vol skugtigheid, skynheiligheid, jaloesie, ontnugtering en selfhelpprogramme.  Draai hom toe in ‘n goud geel pakkie en sit hom dan netjies neer op my skoot. 

Ag, toe nou, moenie skaam wees nie.

Wees ‘n lief en tel gou die pakkie op wat langs my bobeen lê.  Druk jou oor teen die gaatjie aan die bokant en luister.

Wat ‘n kak klank,né?

Dis die noot wat jy gister vir my gepasteuriseer het, toe ek nogsteeds eensaam was.