
Ek het gistraand gedroom dat ek ‘n Venus skeermes met 4 lemme vir ‘n skrale R12.95 gekoop het by ‘n verkoopstannie hiervoor op my Koshuis se gras!
Beteken dit iets?
Ek het ook al een aand gedroom dat ek by ‘n kruisingpad is, die een kant was glad en reguit en die anderkant donker en vol klippe, daar het ‘n man op die vreemde pad gestaan en ek het hom agtervolg. Terwyl ek die donkerte trotseer het slange my aangeval en letterlik begin pik, ek het hulle geslaan en neer gegooi en daar het net al hoe meer gekom. Die onbekende man wat voor my geloop het, het nie eenkeer omgedraai nie. Ek het wakker geword net voordat ‘n slang my in die gesig pik.
Verduidelik daai een vir my??
Glo jy in drome?
Ek dink rerig dis my onderbewussyn wat vir my iets wil sê… Maar WAT!!??
Augustus 20, 2007 at 13:44
Karbinna, ek dink dit is tyd dat jy op ‘n lang vakansie gaan. Die kruispad simboliseer die langpad na jou gunsteling vakansie destenation. Die kruispad is die feit dat jy noggals wonder daaroor. Die man in jou droom is ek wat vir jou sê kom hou vakansie saam met my, maar ek sit in Potchefstroom en dus hou die man net aan met loop en kyk nie om nie. Die slange, wel dit is die aaklige bose genaamd akademie…ja, daar bestaan so iets, en dis baie boos. Net vakkansies werk.
Die beste vakansie is diè wat in eksotiese plekke soos Rio, Barbados, ZANZIBAR en/of Mexico gebeur. Mens lê die heeldag op ‘n hangmat, drink rooiwyn en swem indien die begeerte jou pak. Twee bome, ‘n see, lekker warm son en ‘n voetmasering is wat jy kort.
Die pad na geluk is dieselfde pad as die na ‘n lekker lang vakkansie…
Cheers Kabinna, sien weer.
Augustus 21, 2007 at 01:10
Ek stem saam met die vekansie ding, maat net omdat n vekansie in my oë ALTYD n goeie idee is!!
Ek glo nooit rerig so erg in drome nie, en ek dink die Venus skeerlemme een staaf daardie standpunt van my. Die kruispad droom is dalk ietsie meer dieps, en mag dalk n betekenis hê, maar ek is maar altud skepties hieroor. Jy het die moeilike pad gekies, maar is dit nie veronderstel om na die beste plek te lei nie…??