Kan iemand asseblief net die meisies wie se buuste uit hul toppie’tjie’tjies wil uitpop terugdruk!
En nou praat ek nie net van bo nie, maar van die agter-onderste deel ook! Het jy al ooit agter ‘n girl geloop wie se ‘kraak’ 5cm bo haar broek uitloer? Kon jy nie konsentreer op dit wat een of ander persoon sê omdat twee groot rondings nie skaflik toegemaak is nie?
Kan iemand my asseblief inlig, net hoekom party mense nie die term “skaflik” verstaan nie, is hierdie krake wat hulle ons so wys elke dag eintlik ‘n teken van ‘n kraak in hulle lewens?
Ek glo in die vroulike vorm, ek glo in mooi rondings wat by gepaste geleenthede hulle talente kan afwys. Maar moenie jou Stilleto’s klas toe dra nie, As jy buk gaan jou kraak uitsteek van jou stywe broek, en as jy vooroorleun is daar iets wat vir ander mense gaan loer! Dis ook die tipe gedrag wat die verkeerde mans op die verkeerde plekke uitlok.
Ek voel dat dames met respek nie hulself so rondwys nie en dat “leave something for the imagenary” nog van toepassing is in hulle lewens.
Komaan dames, maak toe daai bene. Zip op daai top. En steek weg daai kraak. Saam kan ons ‘n nasie van ingeblikte koeke wees met die soetse icing net vir diegene wat dit verdien om die blik oop te maak!
Augustus 23, 2007 at 15:02
Dankie Mel!!!
Dit klink soveel beter as dit van ‘n girl se kant af kom…
Baie goed gesê.
Augustus 23, 2007 at 18:55
hehe
in daai departement van jou (onthou, ek het ook 2 jaar daar klasgeloop) is daar soms waatlemoene eerder as lemoene
Augustus 23, 2007 at 22:10
Dis n baie waar ding wat jy hier beet het….
Die sogenaamde “kraak” wat jy hiervan praat is baie selde mooi om te aanskou, veral as dit vergesel word met n silwer deurtrekkertjie met kristalletjies by…..
Augustus 24, 2007 at 15:32
Hoor hoor!
Augustus 27, 2007 at 16:40
Ek en my suster kyk altyd net vir mekaar as ons so iets sien en wonder of dit buttcrack-week is. Ek stem saam met jou. Ek verstaan nie hoekom die briesie van agter hulle nie hulle broeke laat optrek nie. Sou my lankal geirriteer het.
Augustus 31, 2007 at 02:28
I begun to read you, but I couldnt understand nothing…some seconds later I realized: your language is Africaans, isnt it? Africaans sounds very soft to my ears…
Let me translate your page to english with time:)
By the moment, I send you my warm greetings from Chile!
Visit me if you want…take a look…
September 19, 2007 at 15:37
Sies.
Mei 4, 2009 at 19:52
wk stem heeltemal saam en as dit ‘n juffrou is ,is dit 10 keer erger!