Ek is ‘n Moerawiese Jak de Priester fan!! Die man praat met my hart!!
Ek het hom vanaand gewaar in die H.B. Thom Teater, Stellenbosch, waar hy deel is van ‘n reeks sangers en poësie skrywers wat die 3dae lange Versindaba maak!
Dit was amazing en ek het net weer agtergekom hoe mal ek oor ons taal is. Die kokketielkuifie sing darem maar oor stuitige dinge, maar op so ‘n subtiele manier dat jou ouma ook mal oor die fent sal wees!
As daar nie so baie teruggetrokke, high-up mense in die gehoor was nie. Het ek sonder enige selfbeheersing op die verhoog gespring en die man se lekker loslit voete onder hom uitgesoen. Maar ek het myself maar beteuel, al was daar op partykere nie plek vir my omgekrulde tone in my skoene nie.
Jak, het my heel hoendervleis en bietjie lis gehad met sy liedjie van die rock and roll chick by die bar!
Ek het ook so vinnig deur sy digbundel geblaai in die foyer van die H.B. Thom, en het net daar en dan besluit dat al moet ek 10 jaar spaar, dat ek hom eendag gaan kry om daai bundeltjie van hoek tot kant vir my erens langs ‘n rivier op baie kussings gaan lees, terwyl ek my hande deur sy haardossie vryf!
Jak, o, tog, jy’s my Skat!!


September 7, 2007 at 09:45
Oooouuuukaaaayyyyy… Kinders by dosyne!
September 7, 2007 at 13:19
bwhahahaha
jy’s smashed :p
ek gaan vanaand. wie weet, dalk doen anton goosen dieselfde vir my?
September 7, 2007 at 16:42
Melanie, ek deel jou entoesiasme. Ek moet nog ‘n woord daarvoor uitdink, maar dis ‘n amazing toeval dat ek na JdP luister, terwyl ek hierdie inskrywing van jou lees.
September 14, 2007 at 13:28
ek het ‘n tyd gelede een van sy shows by een of ander fees gaan kyk.
hy’t seker ‘n af dag gehad.