
Ek het eergister oor ‘n stuk van ‘n rot geloop. Om meer spesifiek te wees, die agterkant van die gedierte.
Dit was perongeluk, ek belowe!
Voordat ek oor hierdie sogenaamde onreine dier getrap het, het ek ‘n kriek geëet langs die naaste supermark. Dit was lekker, maar al wat die smaak bietjie bederf het was die tarentaal spikkels wat oor hom gestrooi is en die feit dat hy heelaand verder in my maag geraas het.
Ek het gisteraand van ‘n varksnoet gedroom, is dit okay? OF moet ek onverskoning gaan vra?
Dit was perongeluk, ek belowe? Ek beheer mos nie my onderbewussyn nie!
Ek was gister by die ‘verkeerdeplek’ dokter. Ek is jammer. Maar ek moes gaan.
Sal julle my ooit vergewe vir die dinge wat ek hardop sê en die res van die mense ingekronk sit en dink?
November 8, 2007 at 00:52
net as jy ginekoloog in plaas van verkeerdeplek-dokter gaan gebruik
November 8, 2007 at 12:44
dis die beauty van die skryfstuk, juis die feit dat mense eerder ander woorde gebruik as die regte terme..verstaan..;-)
November 10, 2007 at 13:14
:p
November 11, 2007 at 18:03
Ek wou nou eers hier skryf – “ek hou van jou”. maar toe vee ek dit uit, want netnou kry ander mense die verkeerde idee. So, nou skryf ek, ek dink dit sal interessant wees om jou te ken. Ek is mal daaroor om mense t eleer ken wat “off the beaten track” is.
En nou weet ek nog steeds nie of ek myself polities korrek uitgedruk het nie
December 5, 2007 at 10:34
Dis altyd lekker om hier te lees! Dis jammer jy skryf nie meer gereeld nie, ek geniet dit.