Kry jy ook daai gevoel? Jy weet? Daai gevoel wanneer jy net ses duisend mense wil doodmaak?
Wanneer jy so geirriteerd is met ‘n familielid jy sweer jy sal hulle ooglede oor hul kop trek en deur die Kreepy-Crawly se pyp druk.
Die gevoel wat jy kry as jy high-heels dra en jy net wil skree as jy eenkeer bietjie skeef trap. Die gevoel as jy ‘n jean wil aantrek en jou magie hang net so stukkie oor, dat jy jou pens wil afsaag of wil vas vir 7 dae. Die gevoel as iemand jou vra om iets wat jy gesê het net weer te herhaal en jy hulle ore wil uitpluk omdat hulle nie die eerste keer geluister het nie. 
Die gevoel as jy by die huis kom en die skottelgoed lê nogsteeds net so op die tafel, en nie ‘n kind of ‘n man sou enigsins die moeite doen om net ‘n vinger te lig en dit freakin’ wil op tel nie! Die gevoel as die foon lui en jy nou weer moet vriendelik klink. Die gevoel as jy net wil 10 minute later slaap. Die gevoel as jy ‘n haarkapper wil bespreek maar almal is op vakansie! Die gevoel dat jy nou uit jou nate gaan spring as iemand aan jou vat of jou liefde wil gee. Die gevoel dat jy so kwaad is vir die wêreld want die liewe Moeder het jou so tenagekom deur nie vir jou die klerekas of huis of potte of tipe teesmaak te gee soos wat jy dit wil hê nie! Die gevoel wat veroorsaak dat jy ‘n tierboskat uit sy habitat wil gaan smyt en op sy nes wil gaan pis.
Daai gevoel, seuns, is iets wat julle nooit sal verstaan nie.
Want daai gevoel is P.M.S!!




