
Ek het nou maar eenmaal `n groot liefde vir toffies. Veral piesang. Kyk, `n kind sonder `n ma of sussie sal veels geluk(kig) wees met een van daai onsmaakvolle lekkers wat soos `n stuk verharde trol snot lyk. Maar ek is nou maal eenmaal `n girl wat hou van `n Wilson’s piesang toffie, hulle is sag, soepel en net die regte grootte. Jy kan hulle saamvat klas toe en in die park met hulle gaan rondhuppel sonder dat hulle uit jou sak val.
Soms voel ek soos `n 40-jarige vrou wat `n craving het vir eiervrug as dit by toffies kom. `n Mens is nou maar eenmaal so lus vir `n toffie dat jy skoon vergeet om jou tande te borsel net voor jy gaan slaap en dan die volgende oggend verras word met òf `n toffie in die hare òf `n gaatjie in die tande. Nou ek het nou maar eenmaal 3 gate in my tande.
Nie van toffies nie, maar van te veel Kak praat.
December 18, 2008 at 15:13
Ek hou van die swartes……
Hoe gaan dit met jou meisie?
Tjortsies
December 24, 2008 at 14:56
Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwejaar!!!