Ek is absoluut gaande oor Loftus Marais, nie net het die man ‘n woordspektrum van so oor die 50 miljoen nie, maar hy is geniaal en het ‘n ordentlike humorsin daarby (boekbekendstelling -i-) . “Staan in die algemeen nader aan vensters” is sy debuut digbundel en omdat ek hier aan die anderkant van die wereld sit, kan ek ongelukkig nie die boek in die hande kry nie, maar is elke nou en dan op Litnet en Youtube om my Marais-gedigte voeding vir die dag in te kry.
Ek is een van die min gelukkiges wat ‘n vae verbintenis het aan die digter van die eeu. Dis my beste vriendin, Rozel du Toit, se nefie. Ek het tot die slotsom gekom- omdat ek en Rozel dieselfde van het, du Toit, dat Loftus Marais op ‘n vreemde manier ook familie van my is. Alhoewel ek hom nog nooit ontmoet het nie, maar strengesproke indirek ontmoet het deur Rozel (alias die Roos), kan ek wel die stelling maak – Loftus Marais is my familie en erens in my gene is daar ‘n bloedselletjie van sy intellek en kreatiwiteit en Awesomeness wat maak dat ek dalk eendag deur ‘n amateuragtige blogger, soos myself, gesien kan word as Uber-Amazing!
As julle almal daar buite dalk ‘n krokodilfonds wil hou namens my en sy bundel vir my wil koop en pos – julle is meer as welkom.
Groete en baie liefde
Jou grootse bewonderaar
Melanie/Karbinna du Toit
April 15, 2009 at 18:48
Wil jy nou meer! Ek het ook al inskrywing oor hom gedoen: http://emiljung.co.za/?p=4792
Soek jy die boek? Iemand al aangebied om dit te stuur? Mense ken my as ‘n barmharige samaritaan
Sjoe, bestaan daar 50 mijoen woord in ons taal
Of neem ek dit nou letterlik op.
O ja, ek lees so hier en daar raak en dog dis dalk goeie buurmanskap om in te loer.
April 16, 2009 at 19:33
Klein wêreldjie…sy suster was my buurvrou
Mei 13, 2009 at 20:28
Ek het jou inskrywing gelees en wou kommentaar lewer, maar die probleem was ek het nog nie sy gedigte gelees nie.
Nou het ek hom gisteraand hoor voorlees en sy bundel gekry – met sy handtekening voorin natuurlik! Ek het ‘n paar foto’s ook.