Hoekom kon ons nie net by die huis sit en geld verdien nie?
Werk is so overrated..
Wie doen rerig iets vir ‘n lewe waaroor hulle passievol is?
Ek wil rerig weet..
Beantwoord my!!
Mei 12, 2009
Hoekom kon ons nie net by die huis sit en geld verdien nie?
Werk is so overrated..
Wie doen rerig iets vir ‘n lewe waaroor hulle passievol is?
Ek wil rerig weet..
Beantwoord my!!
Mei 12, 2009 at 20:16
Ai, ek werk nie so ek kan nie saam praat nie maar ek sien passievol om na my hubby en seun. hoop dit tel vir iets.
Mei 13, 2009 at 07:09
Ek sou ook graag my geld by die huis wou verdien!
Ek geniet glad nie wat ek doen nie!
Mei 13, 2009 at 22:54
Ek geniet wat ek doen
Ek het plan gemaak toe ek nie meer passievol gevoel het oor wat ek doen nie. Dis nooit te laat nie.
Ek het sommer heeltemal van beroep verander. Ligjare verwyder van dit waarvoor ek regtig geswot het!!!
Mei 14, 2009 at 08:38
Verseker moet ons doen waarvoor ons ‘n passie het!!!!
Ek dink ook dat daar te min mense is wat werklik hulle passie uitleef.
G’wonder daar is so baie gebrom en gekla nie…
Ek het my passie uitgeleef totdat die fokus weer ‘meer geld’ geword het – ek het bedank.
Ek is nou weer opsoek na daardie plek waar ek passievol kan lewe…
Mei 27, 2009 at 15:29
Wel, verseker nie ek nie!
NS: Ek’s bly jy blog weer ‘n bietjie!
Julie 21, 2009 at 11:57
Ek wens ek het passie gehad vir my werk. Ek hou niks van my werk nie. Dis eintlik hartseer ne.
Julie 29, 2009 at 12:48
My passie is om elke dag voluit te leef en soms is my werk net deel van dit wat ek doen – lewe!. Ek dink jy moet ‘n aweregs maak en jou drome na leef…die lewe is veels te kort om dit nie met volle bak te geniet en te ry nie! Geniet jou blog. Dankie.