


Ek geniet julle geselskap en teenwoordigheid, rerig ek doen. Ek geniet die lukrake kuiers by die Koningin se kop en in die vuil kombuis. Ek voel oorweldig deur ons vinnige besluite om olierige kos te eet, voor die televisie te dans en om te sing terwyl amateuragtige Brazilianers op hul bokskitare tokkel. Ek geniet die trein trip oppad na ‘n nuwe bestemming wat ons self nie weet waarheen ons oppad is nie en ek geniet julle lus vir die lewe en laatnag gebeurtenis stories. Ek doen. Ek geniet julle.
, (KOMMA)
MAAR
ek kan nie die onrustigheid in my binneste keer wanneer ek dink aan ‘n verlore liefde erens oor die see. Ek sukkel om te slaap na ons vriendelike en opgewekte geselsies wanneer ek dan, as julle weg is, dink aan ‘n pouveer en ‘n skaapleeu. Ek grou aan my hart se kamers, na ons lieflike aand uit, wanneer ek op die toilet gaan sit en net die bruin toiletrol en ou ketting om my het vir geselskap. Ek skree teen my toonmure wanneer ek dink aan ‘n verlate bed en ‘n oorronde Hemelsgemaakte Skepping wat ek wil vasdruk tussen my arms.
Ek geniet julle almal en hierdie plek SO baie. Ek belowe ek doen, rerig.
,(KOMMA)
MAAR
ek kan nie wag vir die dag wat ek uit hierdie vervlakse, goddelose plek kan ontsnap na my oorspronklike hart wat in ‘n wit en groen woonstelblok vasgepen is!
Al wat ek oor het is om onrustig geduldig te wag met ‘n vriendin op die skoot en ‘n selfoon teen die oor.
Augustus 2, 2009 at 12:48
mar skryf… die kan jy nie.. mens wil nie sulke snert lees nie
vaarwel
Augustus 2, 2009 at 21:17
Sjoe, ek is mal oor die woordspel!
Augustus 3, 2009 at 07:38
Ek dink ons almal voel nou en dan so ‘maar’-erig. Ek stem GvdS – ek’s ook mal oor die woordspel…
Augustus 6, 2009 at 12:25
Sterkte daai kant, Melanie!
Augustus 28, 2009 at 10:24
Gaan dit al beter meisiekind? Dink aan jou. riana