Bietjie persoonlik


Ek geniet julle geselskap en teenwoordigheid, rerig ek doen. Ek geniet die lukrake kuiers by die Koningin se kop en in die vuil kombuis. Ek voel oorweldig deur ons vinnige besluite om olierige kos te eet, voor die televisie te dans en om te sing terwyl amateuragtige Brazilianers op hul bokskitare tokkel.  Ek geniet die trein trip oppad na ‘n nuwe bestemming wat ons self nie weet waarheen ons oppad is nie en ek geniet julle lus vir die lewe en laatnag gebeurtenis stories. Ek doen. Ek geniet julle.

, (KOMMA)

MAAR

ek kan nie die onrustigheid in my binneste keer wanneer ek dink aan ‘n verlore liefde erens oor die see.  Ek sukkel om te slaap na ons vriendelike en opgewekte geselsies wanneer ek dan, as julle weg is, dink aan ‘n pouveer en ‘n skaapleeu.  Ek grou aan my hart se kamers, na ons lieflike aand uit, wanneer ek op die toilet gaan sit en net die bruin toiletrol en ou ketting om my het vir geselskap.  Ek skree teen my toonmure wanneer ek dink aan ‘n verlate bed en ‘n oorronde Hemelsgemaakte Skepping wat ek wil vasdruk tussen my arms.

Ek geniet julle almal en hierdie plek SO baie. Ek belowe ek doen, rerig.

,(KOMMA)

MAAR

ek kan nie wag vir die dag wat ek uit hierdie vervlakse, goddelose plek kan ontsnap na my oorspronklike hart wat in ‘n wit en groen woonstelblok vasgepen is!

Al wat ek oor het is om onrustig geduldig te wag met ‘n vriendin op die skoot en ‘n selfoon teen die oor.

Oral en erens is daar ‘n stukkie gif in jou kaak wat kners na vrot appels.  Kners na vrot appels wat gevaarlik na wurms krap. Krap om wurms wat vernuf toon deur eterig rondom jou bruinhare krul. Krul  jou hare ook rondom my benerige hande terwyl ek jou kakewang vir die laaste keer streel?  Streel terwyl wurms vernuftig die vel van my sagte been afvreet.  Vreet my vel wat sagkuns jou lippe ranSOENeer terwyl jou afguns my vergiftig.  Vergiftig en vergeet my enigste kloppende hart wat vreedsaam na jou gegooi word in die skemer. In die skemer van jou skaduwee.

Verstaan jy my?
Verstaan my!

Jis, maar die mense hier kan raas.

Vrek, kan hulle bietjie kalmer?

Geskree, geproes, gehoes, gespoeg.

Griet, maar hulle hou nie op met raas.

Damnit, there’s no place to talk Afrikaans.

gekou, geskets, gekletter..

Krits, ek voel verlore.

Shit, hulle stink na vrot woorde.

Praat op kranksinnige note.

HUH?

Sjoe, maar my kop raas.

Ek kort ‘n vakansie.

‘n Vakansie in Afrikaans!!!

 

Het jy my gemis toe ek nie daar was nie?

Wel, nou is ek hopelik terug om elke aand vir julle ‘n ietsie te stuur …(My password was weg, en my ou e-mail stukkend)…  en om op julle posts te comment want hier in London is daar geen ander manier vir my om bietjie Afrikaanse literatuur in te neem as oor julle awesome blogs nie.  Behalwe as een van julle vir my ‘n boek of twee wil stuur.

Liefde en gou weersiens

Truly Yours

Melanie

 

 

Kan dit wees dat ek twee maande laas my vingers gevat het en ‘n paar woorde op die sleutelbord ingetik het en gaan kliek het op ‘publish’..?    Intussen het WordPress se “Dashboard” verander en is baie meer verstaanbaar.  Ek het amper gedog ek sou my password vergeet maar dit het so outomaties gekom dat ek nie eers tweekeer daaroor hoef te gedink het nie.. So, gepraat van passwords.. My internetbanking is nou geblok want vir een of ander rede het ek daai password vergeet.. weird!!

 

Anyway.. I’m back!!!

 

Watch this space!!!

alone_and_sad.jpg

Ek verbeel my ek loop langs ‘n grondpas.  Ek verbeel my ek het baie geld en ‘n diamant halssnoer om my nek.  Ek verbeel my ‘n aantreklike man wag aan die ander kant van die pad vir my, in sy rooi Ferarri en sy nuwe skoene.  Ek verbeel my ek is Famous.  Ek verbeel my ek het vriendinne wat werklik bekommer.  Ek verbeel my emosies is iets wat jy net voel as jy honger is.  Ek verbeel my ek is een bondel sonskyn.  Ek verbeel my jy is weer soos jy was!  Ek verbeel my die pas is van goue robyne en persiese neutdoppe gemaak. Ek verbeel my ek kan 8 ure slaap… Ek verbeel my ek kan 8 ure ‘n aand slaap.  Ek verbeel my Mc donalds maak nie vet nie.  Ek verbeel my! Ek verbeel my Maroon is maar net nog ‘n kleur.  Ek verbeel my ek is nog jonk en vol energie.  Ek verbeel my ek wil nie met jou praat nie.  Ek ver-beel ‘n nuwe piesangskil langs die horison. 

Ek verbeel my.

Ek verbeel.

Ek.

.

AAAAARRRRGGGGGGGHHHHH!!

 Dis al wat ek nou kan uitkry!!

Dis ‘n gil!!

‘n Hoë geplaasde gil!!

Want ek kan net nie meer nie, ek kort rus, ek wil gaan pis en ek soek ‘n verkeerde persoon in my lewe!!

Nou wat nou!?

Kom ons gil!!

Want dis Al!!!

In oomblikke van vergete herinneringe onthou ek dat ek nog ‘n blog het…

Die lewe loop by my verby.  Ons sou al 6 keer Zambië toe getrek het, ek sou ‘n nuwe pa kry, 2 Kersgeskenke is klaar oop, ek kry vandag my eerste salaris van die vakansie werk, ek organiseer ‘n R450 000 se funksie vir mense wat meer as 20 jaar by ‘n plek werk, ek en Johan se baba fliek is seker al amper klaar, ek’t 3 vliegtuigkaartjies bespreek na ‘n verkeerde plek, het 5weke laas iemand gesoen, het die hele huis weggepak en toe weer uitgepak, ‘n ou-klere-verkoopswinkel in die garage oopgemaak, ek het 3 engelse berigte geskryf vir ‘n koerant, het 4 sakke spons geborg gekry en niks geld, het ‘n teks vir ‘n produksie geskryf, ek’s uitgedroog vir ‘n kuier en ek tik vinniger as ooit.

En bo alles weet ek nie hoe nou weer om kamtigge/kamtige te spel nie! 

Hoe is jou kamtigge vakansie?

3.jpg

Ek het nog niks ledemate of ingewande gebreek nie, maar daar is sekerlik nie een pyn wat naby ‘n hartbreek kom nie!  My hart is nog net tweekeer ordentlik gebreek.  Een keer deur my eerste liefde en ‘n tweede deur ‘n goeie vriendin, ek moet bieg dat die vriendin ‘n beter werk gedoen het.  Omdat ek altyd hierdie sêding het van:”Ho’s before Bro’s” ag ek my vriendinskap met spesiale mense baie kosbaar! Ek verstaan werklik as ‘n vriendin pyn ervaar omdat ek (volgens my) alle soorte pyn (behalwe die fisiese) al ervaar het, en dis ook dan hoekom ek hierdie post skryf vandag! 

roos0zn.jpg

Ek het ‘n stukkie van my hart verloor toe ek vandag in ‘n rooi gesiggie vaskyk omring deur trosende hande en daai bekommerde kyke op vriendinne se gesigte wat in ‘n kring om ‘n bolletjie pyn sit!  Voor my flikker aande van goeie tye, kroes hare, potplante, dagbreek, eiffels, PT broeke, Smash, ‘n geel vissie om ‘n arm, ‘n wynplaas en ‘n koue aand voor op die gras.  Voor my sit dié dierbaarste mens, ‘n mens wat ek alles mee deel, ‘n persoon wat altyd luister/inloer/leer/onthou en lag, ‘n meisie met nommer 7 slippers en ‘n verstopte neus.  Tweehonderd maal in ‘n sekonde speel die vraag in my kop af:”Hoe kan ‘n man nie mal van hul kop af verlief wees op haar nie?” “Hoe kan ‘n man nie mal van hul kop af verlief wees op enige meisie wat so oor hom voel nie?” Die antwoord is plein gestel:”Omdat daai man nié die regte man is nie!”  Dankie tog die verkeerde man het die eindelose bekommer, onsekerheid en hartseer van ‘n rooi roos gestop voordat die sy dorings haar begin versmoor het en haar weerhou om die regte man ontmoet!

 1.jpg   

My Roos

Jy leef met bloedrooi seëninge in ‘n kokon van vryheid en ‘n treursang

Jy streef na sukses, eenheid en beter dinge

Jy loop op paaie van sterk alleenwees

Jy groei in grond gebou van vriendskap en omgee

Jy ontmoet ‘n doring

Jy blom in weelde van liefde doudruppels

Jy glo in ‘n ewige toekoms en nasate

‘n doring snoei die gebreklikke uitkyke van ‘n skewe tak

jou eerste namaals ‘n boks tissues en ‘n happy meal

verlep, uitgedroog, stom, verstop…

Jy lig ‘n verlepte blaar op na God se trane

Jy word opgeswiep deur trosende hande

Jy staan op en sien die droeë doring van ‘n stommeling

Jy gewaar oorkant die highway ‘n vrugbare stuk grond met ‘n blonde bom

Begin stap…

My Roos jy’s sterk!