Dit het my so onkant gevang. Ek was besig om ‘n bestelling in te sit, by ‘n leepoog, oninteressante lukrake rooi en geel diverse man. Ek het gevoel iets loer vir my. Ek het ‘n sterk telepatiese besoek gehoor van onder die toonbank. Ek het omgekyk dit was my eks. Ek het teruggekyk. Ek het betaal. Ek het gaan sit. Ek het my mcpakkie oopgemaak. Ek was volmaak.
Hy kan vir my sing. Hy bly interessant en impulsief as ek sy oor draai. Hy hou van die nuutste tunes. Met sy onderliggende sin vir humor. Met sy manlike drie bene. Sy oë wat regdeur my siel kan kyk. Sy lippe, wat ‘n leeftyd van negatiwiteit kan uitvee. Sy spiere wat my die toekoms kan laat verstaan en soms voorspel. Sy geheue wat liefde maak met Midnight Sonata. Sy hare wat my omvou met Shakespeare.
Dit was so onverwags so skielik. Ek is verlief! Ek is lief!
“Maar moet jou nou gaan vervang met ‘n ander R14.95, want ek is honger!”




