Ek’s nou moeg vir ‘n random terugkeer na die gewone en selle ou storie. 

Gedog dinge verander en toe kom ‘n kameel en eet my twee hobbels op.  Nou waar gaan die res van die storie ons nou los? Dalk moet ons hulle een vir een, dis nou die hobbels, nie die kamele nie - Terug vat in ons rugstring? Dalk moet ons vergeet van die lang woestyn wat soos voorheen voor ons lê.  Kom ons elkeen vat ons wateragtige bagasie en loop ‘n alleen pad Suid en Noord van mekaar oor sandduine.  Want ek is nie lus vir jou vergeetagtigheid wat my pote moeg maak al lê ek op die gras.  Onthou my net vir dit wat ek is!  Onthou my net vir dit wat ek wil hê. Probeer my net die keer teen jou lobbe vasdruk sodat ons as een berg mure kan verskuif.

Anders kan jy jou kameeltone vat en self stap.

Noem my Breyten.

Noem my Vere.

Noem my ‘n Soldaat sonder klere.

Noem my enkeling

Noem my Pierre.

Noem my ‘n kartondoos sonder seer.

Ek dra jou kos

Ek dra jou pos.

Ek weeg jou lint en baksteen

Ek weeg jou kind en onderbeen.

Ek lê en wag

vir die dag

wat ek ook kan lag.

Nes jy. Terwyl jy my dra.

sahara-desert-sand-dune.jpgsahara-desert-sand-dune.jpgsahara-desert-sand-dune.jpg

 

Het sandkorrels name? En as hulle het of gehad het? Sou 10 miljoen van hulle se naam Piet gewees het? of Susan? of Sonja?

Sonja is ‘n algemene naam, of Natasja/Natasha/Natascha of Jolandi/Yolandi/Jolandy. 

Ja, sandkorrels sou nie name gehad het nie.. Maar as hulle sou, sou hul ma of pa hulle in nommers genoem het.  Soos 1, 2 en 3.  en dan sovoorts.

 

Of dalk het hulle net nie name gehad nie. Of dalk het hulle net nie name nie. Dalk is hulle net sand en sand het mos nie persoonlikhede nie.

Of het hulle? 

Ek is ‘n finale jaar drama student en een van my projekte blokke vir die jaar is “Interaktiewe teater”.  Dit is soos “Theatre for Community Development”, ons werk ‘n program uit bestaande uit ‘n oorhoofse tema soos: “Omgewing” dan inkorporeer ons hierdie tema in ‘n reeks speletjies wat ons dan by skole gaan aanbied.  Deur middel van die speletjies ontbloot kinders self probleme in hulle lewens of omgewings.  Ons bied nie oplossings nie, ons is net daar bloot om te dien as fassaliteerders.  Die oplossings kom later.

 

Groot was my skok toe ons ‘n program gaan aanbied oor kindermishandeling en daai hele storie van om respek vir jouself te hê en wat jou eie persoonlike spasie is ens. ens. by een van die skole net buite Stellenbosch.  Die onderwysers so 4 of wat het bygestaan toe ons die  program begin en so op  die kinders geskel as dit net lyk  of hulle ietsie verkeerd doen.  Toe die een kleintjie nie vinnig genoeg loop volgens die onderwyser se sin nie het sy hom omtrent ‘n stoot gegee dat sy amper oor haar eie voete struikel.  Hulle Afrikaanse woordeskat was ook nie baie waffers nie hulle het goed gesê soos:”Luister nou vir die juffroue!” en “Jul gaan mos nou stilsit en luister, nuh?” en “trek jou broek op,man, jou ballas hang uit!’.  Die onderwysers het tussenin speletjies ingechip en op die kinders gegil. 

Die arme kindertjies het geen selfvertroue nie en lyk heeltyd te bang om iets te sê.  Dit was  vir my erg om te sien dat hier is ons besig om te praat oor hoe om mekaar te behandel en dat emosionele en fisiese aftakeling verkeerd is en dat die onderwysers hul nie eers daaraan steur nie en die grootste sondebokke is van die lot.  As hulle nie eens respek het vir ons fasaliteerders nie.. Ag, nee. My gesig kook sommer!

En dis hoe ons kinders groot  word.  Wonder of die onderwysers vir opleiding gegaan het of is hulle maar net by chance daar gesit is omdat hulle nie erens anders werk het nie?  Besef die regering dat die kinders ons land se toekoms is?

 

Ag, nee.  Iemand help net

 

 

 

Daar staan “Jeep” op jou hemp.  nogals ge-registered ook.  Dis so gelerige-groen-poef kleur wat net ‘n blinde persoon as aanskoulik sal vind.  Die hemp is verblyk, uitgerek en vuil met ‘n paar kreukelmerke wat jou ander vuil klere seker vir hom gegee het toe hy vanoggend nog in die wasgoedmandjie gelê het. 

Hy klok aan die onderkant uit omdat jy hom al telkemale, oor en oor aftrek sodat hy jou groeiende middellyf kan wegsteek, maar jou soveel keer in die steek laat omdat hy net te klein vir jou lyf geword het.  Die een letter is besig om af te skeur nadat jy hom al twee keer met bostik vasgeplak het.  Hy stink na ou motte en jou ouma se poeierige parfuum. Jy voel nie goed nie, jy eet te veel.

Die neklyn sit styf om jou keel nadat jy hom oor jou kop gewurg het en met die deur ‘n gaatjie kon sien wat net bo die “J” ontwikkel het na ‘n boomklim sessie.

Tyd vir nuwe klere…

 

 

Kan dit wees dat ek twee maande laas my vingers gevat het en ‘n paar woorde op die sleutelbord ingetik het en gaan kliek het op ‘publish’..?    Intussen het WordPress se “Dashboard” verander en is baie meer verstaanbaar.  Ek het amper gedog ek sou my password vergeet maar dit het so outomaties gekom dat ek nie eers tweekeer daaroor hoef te gedink het nie.. So, gepraat van passwords.. My internetbanking is nou geblok want vir een of ander rede het ek daai password vergeet.. weird!!

 

Anyway.. I’m back!!!

 

Watch this space!!!

alone_and_sad.jpg

Ek verbeel my ek loop langs ‘n grondpas.  Ek verbeel my ek het baie geld en ‘n diamant halssnoer om my nek.  Ek verbeel my ‘n aantreklike man wag aan die ander kant van die pad vir my, in sy rooi Ferarri en sy nuwe skoene.  Ek verbeel my ek is Famous.  Ek verbeel my ek het vriendinne wat werklik bekommer.  Ek verbeel my emosies is iets wat jy net voel as jy honger is.  Ek verbeel my ek is een bondel sonskyn.  Ek verbeel my jy is weer soos jy was!  Ek verbeel my die pas is van goue robyne en persiese neutdoppe gemaak. Ek verbeel my ek kan 8 ure slaap… Ek verbeel my ek kan 8 ure ‘n aand slaap.  Ek verbeel my Mc donalds maak nie vet nie.  Ek verbeel my! Ek verbeel my Maroon is maar net nog ‘n kleur.  Ek verbeel my ek is nog jonk en vol energie.  Ek verbeel my ek wil nie met jou praat nie.  Ek ver-beel ‘n nuwe piesangskil langs die horison. 

Ek verbeel my.

Ek verbeel.

Ek.

.

AAAAARRRRGGGGGGGHHHHH!!

 Dis al wat ek nou kan uitkry!!

Dis ‘n gil!!

‘n Hoë geplaasde gil!!

Want ek kan net nie meer nie, ek kort rus, ek wil gaan pis en ek soek ‘n verkeerde persoon in my lewe!!

Nou wat nou!?

Kom ons gil!!

Want dis Al!!!

lc12_large.jpg  Sy het haar hart verloor. 

Nie aan ‘n man of ‘n vreemdeling nie.  Sy het haar hart net verloor.  Hy het weggeraak met ‘n mislukte huwelik.  ‘n Miskraam.  ‘n Verkoopte 4×4.  ‘n Waentjie vol groceries.  ‘n Onoopgemaakte persent.  ‘n Verlore liefde wat getroud terugkeer en ‘n slot wat geroes op die bed lê.

 losingheart_275_275.jpg

Sy het haar hart verloor aan ongeluk.  Toe selfsug en materialisme by die voordeur insluip het haar hart in die huis se mure ingesmelt in die kleinste deeltjies wat jare se soeke eers sal laat onthul.  Sy het haar hart verloor aan Muskadel en Hansa Pilsners. 

Sy het haar hart verloor in die openinge van ‘n verkeerde draai, ‘n droom nie gevolg en ‘n verkeerde besluit 28 jaar terug.

Sy het haar hart verloor, in ‘n ongeluk.  Aan Kanker. 

Sy het die enigste gedeelte van haar siel, ‘n hartvormige dop, verloor van te veel vet wat versmorend om die dooie are gedruk het. 

Sy het haar hart verloor,

Letterlik en Figuurlik…

Kry jy ook daai gevoel?  Jy weet? Daai gevoel wanneer jy net ses duisend mense wil doodmaak?

Wanneer jy so geirriteerd is met ‘n familielid jy sweer jy sal hulle ooglede oor hul kop trek en deur die Kreepy-Crawly se pyp druk. 

Die gevoel wat jy kry as jy high-heels dra en jy net wil skree as jy eenkeer bietjie skeef trap.  Die gevoel as jy ‘n jean wil aantrek en jou magie hang net so stukkie oor, dat jy jou pens wil afsaag of wil vas vir 7 dae.  Die gevoel as iemand jou vra om iets wat jy gesê het net weer te herhaal en jy hulle ore wil uitpluk omdat hulle nie die eerste keer geluister het nie. 

  Die gevoel as jy by die huis kom en die skottelgoed lê nogsteeds net so op die tafel, en nie ‘n kind of ‘n man sou enigsins die moeite doen om net ‘n vinger te lig en dit freakin’ wil op tel nie!  Die gevoel as die foon lui en jy nou weer moet vriendelik klink.  Die gevoel as jy net wil 10 minute later slaap.  Die gevoel as jy ‘n haarkapper wil bespreek maar almal is op vakansie! Die gevoel dat jy nou uit jou nate gaan spring as iemand aan jou vat of jou liefde wil gee.  Die gevoel dat jy so kwaad is vir die wêreld want die liewe Moeder het jou so tenagekom deur nie vir jou die klerekas of huis of potte of tipe teesmaak te gee soos wat jy dit wil hê nie!  Die gevoel wat veroorsaak dat jy ‘n tierboskat uit sy habitat wil gaan smyt en op sy nes wil gaan pis.

Daai gevoel, seuns, is iets wat julle nooit sal verstaan nie. 

Want daai gevoel is P.M.S!!

« Vorige BladVolgende Blad »