April 2007


 

  Die obsessie oor die bekende Mona Lisa, geskilder deur Leondardo da Vinci, het my nog altyd gefassineer.

Dis nie so asof dit een van die mooiste skilderye ooit is nie.

Die kleure is maar bra vervelig en die vrou/man wat op die doek pruik is nou nie juis ‘n Sport Illustrated model nie.  Die landskap in die agtergrond is nie ‘n afbeelding van God’s window nie.  Haar hare lyk of dit so week, ongewas in Kaapse weer spandeer het.  Sy het ‘n langwerpige neus en geen wenkbroue. 

 

Dalk is dit haar verbeeldingryke oë wat almal in hulle lense laat stik.  Of haar groot hande wat wyd verspreid om haar arm gryp.  Of haar misterieuse glimlag.  Of die hele geskiedenis en intrige agter die man wat dit geskilder het.  Of dalk die obskure manier waarop sy sit.  Of dalk die feit dat haar onperfeksie op die ou einde Perfek was. 

Of dalk is dit net oor die Mona Lisa so normale en ongekompliseerde uitleg, wat dit baie maklik maak om ‘funny’ goed daarin te edit!

                                              Jy vra my om gou vir jou snoepie toe te loop terwyl jy nog kwylend in die bed lê en droom?   Wat gaan jy inelkgeval met R2 se toffies op hierdie huidige oomblik maak? 

Jy vra my om jou swere skoon te maak met my nuwe handsak? 

Jy vra my om drie dowe drolle te druk terwyl jy aanhou klets oor jou eskapades gistraand terwyl ek jou taak moes klaar maak, jy het my darem gevra.  Jy vra my om jou vrot vuil voete te was met my Redken hare? 

Jy vra my om jou tas te dra?  Jy vra my om jou gedagtes te reinig met my “unieke skoonheid en sjarme”?  Jy vra my om skyfies vir jou te voer wat ek met my eie hande moes rasper?  Jy vra my om my hart met ‘n vlymskerplem oop te kerf terwyl jy kyk, Sadis?   Jy vra my om my menswees wegtegooi en my persoonlikheid om te ruil vir nagte lange vrees?  Jy vra my om my rug te draai op my kinders wat skree terwyl jy met hulle speel?

Jy vra my om die bloukolle op my lyf toe te maak met serpe en truie in die middel van die Somer?  

Jy vra my om jou asblik uit te gooi?  Hoe op dees aarde kry jy Jaloesie, Agterbaks, Genetieseafwykings en Senuweeineenstortings in Een klein vullisdrommetjie.  Jy vra my om in ‘n sinkdakhuis in te trek?  Jy sê jy’s jammer…

Jy vra my om te trou? 

 “Ag, okay” 

   Jy sit in ‘n restaurant.  Voor jou sit ‘n nat-agter-die-oor tiener/universiteit  couple.  Inmekaar gevleg soos ‘n knoop wat jou pa in vislyn gemaak het om aas op die hoek te hou.  Jy sien hulle oë skitter, en hulle wimpers lyk ekstra lank soos wat die liefde uit hulle oogballe straal.  Hulle voorkoppe maak gedurig kennis.  Hulle hande doen die Tango en vier ander volksdanse.  Hulle voete druk mekaar knus vas, terwyl hulle tone kennis maak met mekaar.

                                                           “Hi, eks kleintoon!”

                                                                                                                            “Hi, eks geentoon!”

   Party van die tone hou van mekaar en ander nie, maar hierdie is dus nie hul eienaars se probleem nie, want solank die eienaar en sy metgesel lus is vir mekaar sal hulle tone maar oor die weg moet kom. 

Net voordat jy jou eerste happie Burger vat, verskuif die een se hand om die ander se nek.  Gedurende die byt van jou maaltyd besef jy dat jy nie die enigste een op die grasperk is wat nou iets gaan eet nie. 

Daar ontstaan ‘n Pretty Woman scene wat gemeenskap gehad het met ‘n scene uit Eyes Wide Shut.  Jy kou vinniger en harder aan jou Burger sodat jy net kan loop en wegkom van hierdie onstabiele duifies.  Wat koer in mekaar se nekke en pronk-pronk liefdeswoorde uiter. Jy staan vies op en loop weg met ‘n vinnige pas.

Net agter jou sit ‘n jong paartjie, totaal en al woordloos oor die manier hoe jy nou net jou Burger vermorsel het.  “Het hy dan geen skaamte nie, Skat?  Dink hy die mense sien hom nie?”

 

 

Ek ry met my ruite oop vir vars lug na die lang dag.

My voertuig se venster is afgedraai tot ver onder in die kors van die aarde.

Ek kan die toeters nie meer verdra nie, die padtrappers, die morsjorse, die plakkate van nog ‘n nuwe band, die werk is klaar te veel.

Ek kort iets nuuts, ‘n nuwe geur, ‘n nuwe geluid, ‘n nuwe inspanning, ‘n nuwe rug.

‘n Oranje reuk van bloeisels trek in, hulle wriemel in oor my hande.  Oor die klawers van my sitplek, oor die kliprots waarop ek sit.  Dit versag en ek word neergelê in ‘n see van groen harmonie.  ‘n Maankrater sing vir my ‘n liedjie met sy maatjie wat heen en weer langs hom wieg.  Ek kan nou rustig wees.

‘n Kakkerlak kom by die lugverkoeler uit.  Hy eet my siel en verdwyn dan onder die chips papier waaronder hy gister sy kinders gaan haal het.  Ek is weg.  Ek hoor nie.  Ek sien nie.  Ek verstaan nie.

‘n Ligpienk verkleurmannetjie loer vir my vanaf die dashboard.  “Ek het jou siel gevang, jy kan hom maar kom haal, kom haal hom, kom kry hom!” 

Ek is bewegingloos.  “Waar?”

“Hier in My arms, my Kind, jy moet net uitstrek en aan hom vat. Ek het hom vir jou gewas en gestryk, daar is net hierdie een swart kolletjie wat nie wil weg nie.  Kom haal hom nou, kom kry, kom haal!”

Koma.  2 jaar lange selfondersoek.

 As ek maar net nie na die 10de dop my kar vir ‘n spin gevat het nie!

karenferrari01.jpgHierdie stofwolk het my gou kom haal.  Ons het saam teen die hange van ‘n tornado opgeklim en daar het ons tee gedrink.  Met een lepeltjie sand en 40ml melk van ‘n koei wat verby gevlieg het.  Ek het geweier om my voet van die stoel af te haal waarop ons altwee gestaan het.  Met die teepot wat op my kop balanseer en die wolk se voet op myne. 

Warrel-warrel my, kierang glorie, terwyl ek net-net my balans nog op jou hou.hair.jpg

Hy het my afgestamp.  Ek het geval.  My tee is weg met die wind.  My tandepastadoppie by die venster uit en my trane het ‘n see gevorm om die ronding van die saamgesmelte winde.   Daar het stukke van my hart rondgedryf.  Ek het hulle gesien.  Hulle was vol gedagtes van hom en die verlede.  Stukke swart droë bloed wat saam my val-val dryf in die water, AF Af af.  Ek vind myself.  Ek ontdek ‘n nuwe geheue en stokperdjies.  Ek word genees deur ‘n engel wat saam my vir ‘n rukkie vlieg.  Maar my staanplek is gevat. 

Ek is onstabiel.  Ek vind nie standvastigheid nie. Totdat ek op jou skouers land. En daar my balans weer vind.  Vasgegom aan ‘n ewigheid van hartkloppe, soene en Kersfeesversierings.

 Ek was alleen in hierdie plek wat net nagedagtenis huisves en vier ou katte. 

Ek is eensaam in hierdie molshoop van ‘n akwarium waar drie visse heen en weer mekaar agtervolg.   

Ek is genadiglik afgesonder in hierdie verskoning van ‘n dieretuin waar twee naak figure rondom mekaar oë flikker. 

Ek word ongesselig gedoop terwyl ek eenkant in ‘n pastorie sit en een bottel Sherry my aanhuts.

random      

     Eenspaaierig pink ek jou traan.

    

    Eensydig wink ek vir jou, wat direk langs my sit.

    

cool

 Ja, almal het bymekaar gekom vir ‘n bier.  Want die KKNK was hier!  Daar was so baie bekendes, tonele, biltong, verassings, sangers, sangeresse, tente en Patricia Lewis.  Dit was rerig ‘n tyd om trots te wees op jou taal (dis nou as jy Afrikaans is), met ons oulike en baie oorspronklike en soms pikante sê-goed op T-hemde.  Om elke hoek en draai was ‘n stalletjie wat ietsie lekkers verkoop of ‘n bekende wat saam sy familie ‘n rustige maaltyd geniet by ‘n plaaslike restaurant.  Die volk het almal saam gesnoer soos een reënboogklerasie. 

Ek was nie daar nie.