Mei 2007


314815cd237c62bb6552.jpg

Ek het dit goed gedink om my belofte teenoor Da Mario na te kom op sy blog oor “Ek’s terug nie dood nie” en “Keuses oor sexy girls”. 

Girls maak julle self gereed vir ‘n wille, panti-oor-die-kop rut saam met Melanie.  Van vandag af soek ek tight-ass, diep donker bokkie-oë, blok arms, skoongeskeer of rugged gevreetjies, viriele/blas hande, Moses-plakkies voete, ‘n Torso van 300 Spartan soldate en ‘n rug wat “hou my vas” skree. 

 

Ek wil vir hierdie mans staar totdat my oë in twee simetriese kakebene verander en my hart oorstroom van vinnige asemhalings.  Ek wil van hierdie man in my bed droom totdat my enigste naeltjie inkrimp van begeerte.  Ek wil met my naels sy hele fisiese wese in my vel inforseer totdat ek volkome verlos is van enige ontrekkingsimptome.   Ek wil prente maak van ons kinders uit die “Son” se blaaie.  Ek wil my hele wese vergeet, my vriendinne afskeep en totaal en al behep raak met sy skoonheid.  Ek wil obsessie druk tot die uiterste en die vorms van sy lyf op my plafon skilder sodat ek elke  aand voor ek gaan slaap sy perfektheid oor my liggaam kan drapeer. 

 

   

“Maar dan sal ek eerder my hart vir ‘n klein boepie gee, met bruin eerlike ogies, sag en teer handjies, konsidirerende kuite, liefdevolle boudjies, romantiese lippe, ‘n skoon brein en ‘n bloedlyn wat “ek sal jou lief hê tot in ewigheid!” skree.  Want so ‘n man is beeldskoon!!”

Advertisements

co2.jpg

Jy moet net hierdie fliek gaan kyk.  Ek gee nie om of jou ma se kat gistraand oorlede is, of jou satynpajamas na drie aande se dra, aan ‘n spring gehaak het nie.  Gaan kyk vandag nog hierdie fliek.  Moenie dink nie, doen dit net!

Dit gaan oor twee baie ou mans, ‘n jong nie-op-die-bek-geval rebel en kuns.  Heeltemal iets anders!  Nog nooit in my wildste drome hierdie drie goed so bymekaar sien inryg nie.

 venus6b.jpg  

My beste lines uit die movie:

“I love this terrible place”

“Everybody wants to be your friend when you die”

Die hele Shakespeare sonnet van “Shall I compare thee to a summer’s day”

“Your slug tongue made my shoulder sticky”

Eerlik: “Ek is nie goed met resensies nie, so gaan kyk dit net! En laat weet my wat julle dink.”

dollcaseaa.jpg

 Jou perfektheid is te min, te min na my sin.  Jou insig word nie benut soos wat dit kan nie, soos wat ek wil hê dit moet nie.  Jy rook stompie na stompie se vuilasems, Jy drink my siel en word een met die gekoer van sinnelose woorde wat jy al na ‘n maand en een besnyding geuiter het.  Jy gooi jou soetsuiker by die ruit uit en versmoor dan in die walms wat dit na jou toe terug stuur.  Jy vergeet van my aardbol, jy verloor my entoesiasme, jy kners met suur tande aan my menswees en slaan my ingewande vol harte.  Jy maak my bewus van my foute, my swart urine, my stokflou nageboorte.  Jy deurdring elke senuwee in my lyf en maak dit joune sonder om te vra.  Jy leen my Ziploc bakkie uit, jy vergeet my vriendin se finansies na herhaaldelike herinneringe.  Jy vra nie uit nie, jy soek nie verlede foto’s nie.  Jy is nie daai Shakespeare ornament in die glaskas nie.  Jy irriteer my met jou geenklas houding, jy maak my moedeloos met jou trane, jy maak my seer met jou woorde.  Jy maak my stukkend met jou onkunde, jou nie-verstaan, jou vrot binnekant.  Jou sagte, vuil kaalvoete loop op my skoon beddegoed en groet my afskuwelike woorde en gedagtes met stil knikke.

Hou op om in my siel in te kyk.  Stop jou probeerslae van hoop.  Sjoesh nou, jou aanhoudende polslae teen my glaskas muur. 

Want ek is van porselein, ek is moeilik om te hanteer, duur, ingewikkeld, talentvol en kras.  Ek staan hier langs Shakespeare en wag vir iemand so na aan perfek soos jy om my net hier uit te kry

William besoedel my idees van romanse en van jou. 

*”ek som dinge verkeerd op van hier binne af.  Ek sal jou graag van buite af wil beskou.  Want, wel, ek dink ek is nog altyd lief vir jou!”

sharad-haksar2.jpg

Sonder enige motiewe vat ek ‘n pen en papier en begin kringetjies en kruisies teen myself te speel.

Ek verloor.

Altwee kere.

Ek luister na ‘n gedig wat gelees word deur my Muse wat in my teekoppie staan.

Ek speel weer.

Ek wen.

Altwee kere.

iron.jpg

Ek verstaan nie meer hoekom jy jou hande skaamteloos in die lug gooi nie.

Ek verstaan nie meer hoekom ek elke aand voor ek gaan slaap moet bid en lees nie.

Ek verstaan nie die gebrokenheid van ons land en ons taal en ons videowinkels nie.

Ek verstaan nie die opvaart en kruisiging nie.

Ek verstaan nie die prediker se skynheilige skape nie.

Ek verstaan nie my ma of my pa nie.

Ek verstaan nie die feite, newe effekte en aborsies van Bethlehem nie.

Ek verstaan nie jou kunssinnige agterstand nie.

Ek verstaan nie die kreukels in my hart, my nie-plat gedagtes en my melodramatiese menswees nie.

Ek verstaan nie die plat, kruiskant van die strykplank nie.

So stryk my!

My gunsteling Aqua treffer is “Dr. Jones”

naak.jpg

Ek neem trap een tot op rosekrans se stoep en ontmoet vir Liewe Heksie en haar skewetand perd, Vader Krismis.

Ek trap stap twee tot links verby ‘n juffrou wat haar lang valsnaels in my skewe letter ‘g’ wil druk en ‘n nuwe netbalbaan van gras.

Ek stoot trap drie net-net om regs verby boeke, toetse, ‘n oom, ‘n dom kêrel en formelebaadjies met goue ‘kultuur’ badges op.

Ek spring oor stap vier met ‘n glasie rooi wyn en ‘n laaste Kersfees om te fier saam vriende van matriek.

Ek haak vas toe ek totsiens moet sê vir my beste vriend.

Ek sluip oor stap vyf wat na die Bos uitloop.

Ek loop op trap ses wat toekoms, groei en grootmensgoed huisves.

Ek sweef op wolk sewe toe ek jou ontmoet, ek sweef verby trap 9 en 56 waar my oom en ouma nou staan.  Ek sê totsiens en gaan land op kasteel onbepaald. 

Want dis waar ek my klere vergeet het.

Volgende Blad »