Wie’s jou tipe?

314815cd237c62bb6552.jpg

Ek het dit goed gedink om my belofte teenoor Da Mario na te kom op sy blog oor “Ek’s terug nie dood nie” en “Keuses oor sexy girls”. 

Girls maak julle self gereed vir ‘n wille, panti-oor-die-kop rut saam met Melanie.  Van vandag af soek ek tight-ass, diep donker bokkie-oë, blok arms, skoongeskeer of rugged gevreetjies, viriele/blas hande, Moses-plakkies voete, ‘n Torso van 300 Spartan soldate en ‘n rug wat “hou my vas” skree. 

 

Ek wil vir hierdie mans staar totdat my oë in twee simetriese kakebene verander en my hart oorstroom van vinnige asemhalings.  Ek wil van hierdie man in my bed droom totdat my enigste naeltjie inkrimp van begeerte.  Ek wil met my naels sy hele fisiese wese in my vel inforseer totdat ek volkome verlos is van enige ontrekkingsimptome.   Ek wil prente maak van ons kinders uit die “Son” se blaaie.  Ek wil my hele wese vergeet, my vriendinne afskeep en totaal en al behep raak met sy skoonheid.  Ek wil obsessie druk tot die uiterste en die vorms van sy lyf op my plafon skilder sodat ek elke  aand voor ek gaan slaap sy perfektheid oor my liggaam kan drapeer. 

 

   

“Maar dan sal ek eerder my hart vir ‘n klein boepie gee, met bruin eerlike ogies, sag en teer handjies, konsidirerende kuite, liefdevolle boudjies, romantiese lippe, ‘n skoon brein en ‘n bloedlyn wat “ek sal jou lief hê tot in ewigheid!” skree.  Want so ‘n man is beeldskoon!!”

Published by Melanie du Toit

I'm a Passionate Creative Writer who writes with rhythm and humor. My Bachelor's degree in Dramatic Arts, as well as 9 years experience within the education system and entertainment industry, has marinated me to be an expert in my current craft. In my spare time, I'm a nomadic traveler. I love experiencing new tastes, painting on city walls and discovering beauty in back alleys and untrodden streets. On the left side of my brain; I love going on new online business ventures, making money and sharpening my skills by partaking in professional growth courses.

Join the Conversation

15 Comments

  1. Hehehe Melanie… net toe ek dog jy is net lus om te pervvv toe skryf jy daai laaste paragraaf! Dit het my sopas 2 jaar van gym gespaar…
    Nou moet ek net ‘n vlees-en-bloed girl eendag in die toekoms ontmoet wat actually so dink. (En nie 15 jaar jonger as ek is nie!) 😀

    Oulike post however!

  2. Uhmmm… net een vragie. Hoekom is al 4 die bogenoemde comments se “timestamps” presies dieselfde?
    Naamlik May 29 at 19:36.

  3. Skoonheid vergaan, maar deugde bly staan!

    Daardie spierpaleise kan maar in tydskrifte oornag, nie tussen my lakens nie!

    Ek stem vir die sagte, teer handjies, ‘n bloedlyn wat kan skree en BESLIS romantiese lippe!!

  4. Weet jy, daar’s ‘n groper in die winkels wat so nou-en-dan aan Jaco se buns knyp (oooooh, voor al die mense!) en daai smile op sy gesig, tickle my binneste.

    Los maar die papier-ooms in die boeke, niks kom by die ware-jacop-regop nie!

  5. daai papier ooms is anyway net daar om oor te drool…..ek verkies ook die opregte enetjie!!!!!

    Hoop jy het n kickass dag!

    troedelkies

    Terloops ek stem saam met boertjie oor die hygroman.

  6. ja, daar slaan jy die spyker op die kop. Kyk die fliek “Perfume”. My idee oor skoonheid, die ewige kop-onderstebo bestaan – daardie reuk van amper-paradys.

  7. Ek’s bly julle almal verkies die opregte mansmens.
    sjoewiee, ‘n Hygroman…;-) (wink met ‘n skelm smile) wat sal my ouers dan dink?
    Hoop julle almal vind julle boeppensies, da Mario en jy jou 15jaar ouer stukkie beesvleisie.

Leave a comment

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: