Junie 2007


In tweegesprekke onder ‘n peerboom

Lê ‘n tarentaal eiers terwyl ‘n pit droom

oor

soet, swart kewers en suur asyn

oor

pap trap moerbeie wat nie daar hoort

en

klein Katryn Kewers enig in hul soort

oor

wortels wat net 10 duim groei

en

 feëtjies wat aan hul stingels vasboei.

Hier onder sit sy met ‘n swartson hoed

terwyl almal wat skynheilig verby stap haar groet.

Advertisements

Haar hart loop oor siele onvergeet
sy naam verwurg haar lippe;
Haar lengte word saam hom opgevreet
sy sprong gedemp met haar etiese wippe.

Haar enigste asem die van gas
sy herhaaldelike onverstaanbare fiksie;
Haar hart en syne het amper gepas,
maar
sy blindende massa produksie

het almal versmoor.
Bloed word gehuil deur twee nie-passende sielsgenote;
daar’s geen meer watertrane oor
geen water in die van ketels se battery sure. 

Snikke van sinnelose beloftes
roes sy stil peperneus.
Haar opverdeelde hart haar enigste pes
haar kornea gefoeter en gekneus.

Hulle huil bloed
terwyl hulle ‘n buitewêreld soek.

Die volgende is ‘n uittreksel uit ‘n gesprek.  Wat my heeltemal onkant gevang het.  Ek respekteer hierdie anonieme bewonderaar vir sy eerlikheid, ek respekteer hom dat hy ‘n mening het.  Ek respekteer dat hy die tyd vat om mense se blogs te lees en hulle dan uitvis om skaamteloos beledigings rond te gooi, dit moet nogals binnegoed vat van ‘n man met so ‘n hoë IK-Telling.  Let op die meesterlike manipuleringsvermoë van Mnr. Swissair.  Alhoewel hy die bekwaamheid het om vreemde mense se aand te ontsuur en uit die bloute baie slim vrae rond te gooi, is almal nie perfek nie en is dit vir my baie hartseer om te sê dat hierdie bobaaskenner van Afrikaanse literatuur perongeluk “diarree” verkeerd gespel het.

Sleutel

Aa – Manipulerende woorde

Aa – Kras, onetiese woorde

Aa – Spelfoute

AaProbeer om vriendelik te wees – woorde

      –  Sarkasme

[20:09] <Swissair> wa swot jy?
[20:09] <Swissair> *wat
[20:09] <Karbinna> Stellenbosch
[20:10] <Swissair> Wat swot jy?
[20:10] <Karbinna> hoekom?
[20:10] <Swissair> want jy is mos die een met die verbale diareë op wordpress
[20:10] <Karbinna> hehe
[20:11] <Karbinna> eks bly jy ken my
[20:11] <Swissair> so?
[20:11] <Karbinna> so?? wat??
[20:11] <Swissair> wat
[20:11] <Swissair> swot
[20:12] <Karbinna> as jy op my verbale diarree plekkie gaan op wordpress en jy soek ‘n bietjie rond vir inligting sal jy sien
[20:12] <Swissair> te beel moeite
[20:12] <Swissair> *veel
[20:13] <Karbinna> Hoe kan dit vir jou ooit te veel moeite wees om na ‘n ordentlike leesstof webblad te gaan???
[20:13] <Swissair> ek was al daar
[20:13] <Swissair> jy skryf net kak
[20:13] <Swissair> al wat ek wil weet
[20:13] <Swissair> is wat swot jy?
[20:13] <Karbinna> ooo, is jy die drol wat gese het ek het spelfoute??
[20:13] <Karbinna> jy swot seker wiskunde
[20:14] <Swissair> wat
[20:14] <Swissair> swot
[20:14] <Swissair> indien ek ‘n antwoord kry
[20:14] <Swissair> kan die gesprek verder gaan
[20:14] <Swissair> stop dit
[20:14] <Karbinna> ek wil nie met iemand praat wat se ek skryf kak nie
[20:14] <Karbinna> dankie
[20:14] <Karbinna> tata
[20:15] <Swissair> aha
[20:15] <Swissair> dis interessant
[20:17] <Swissair> swak
[20:17] <Karbinna> het jy sielkundige probleme???
[20:18] <Swissair> is jy skaam vir wat jy studeer?
[20:18] <Karbinna>  nee ek is nie
[20:18] <Karbinna> is jy??
[20:19] <Karbinna> ek sien jy hou van Moemin
[20:19] <Karbinna> ek ook
[20:19] <Swissair> indien jy nie skaam is daarvoor nie
[20:19] <Swissair> hoekom wil jy nie vir my sê nie?
[20:19] <Karbinna> hoekom wil jy weet
[20:20] <Swissair> ek wil weet of jy iets soos BA Tale het en dus as gevolg daarvan dink jy skryf wonderlik
[20:20] <Swissair> of of dit maar net vanself gebeur
[20:21] <Karbinna> so, darem het jy die tyd gevat om te lees
[20:21] <Karbinna> eks bly.

Ek wil net met almal deel dat julle altyd met my kan eerlik wees.  Ek hou van kritiek – dis altyd ‘n goeie ding, maar onetiese, uitgekotste, sinnelose snert sal nie aanvaar word nie – tensy dit die waarheid is natuurlik! 

Baie dankie aan almal wat nog altyd vir my ‘n ou ietsie mooi in die comment afdeling van my blog geskryf het, dis mense soos julle wat skrywers en dromers soos ons/ek se lewe die moeite werd maak.  En ons wil ook net baie dankie vir Swissair sê, wat ‘n tydjie uit sy besige skedule van bloglees en spioeneer werk geknyp het om ook ‘n ou, vrot, gemufde stuiwer in die armbeurs te gooi.