Groot voete?

feet_and_hand_08_by_gabriell332.jpg

Ek dra ‘n nommer 8 skoen.  Dis moeilik om fancy voet dekorasies te kry met so ‘n kolosale probleem aan die onderkant van my lyf.  Boutiques se nommer “8” grootte skoen is eintlik maar ‘n Mr. Price nommer “6” en dis te sê as hulle eers so iets walgliks aanhou.  Elke keer as ek die pikante assistent vra:”Het jul dalk hierdie 4duim stilletto in ‘n 8?” gluur sy my aan en sê:”Ons het dit net tot in ‘n 6!” En as jy so gelukkig is dat daar dalk ‘n 8 is en hy pas, moet jy nie in die winkel opstaan nie, ja, ‘n hakkie het al eenkeer onder my voet ingegee… Wag tot by die huis dat jy kan oefen om eerder op jou tone te loop met petritse hakkies aan sodat die illusie geskep word van ‘n swevende groot poot engel op Cupid pyltjies.  As daar dan dalk ook erens ‘n nommer 8 afdeling is, is dit ook nie van die vleiendste nie, en lyk dit soos iets wat Hagar se vrou sou dra.  Ek slaan elke keer ‘n Revlon rooi uit in my gesig as ek op die klein kussing sit terwyl die winkel assistant aanskou hoe ek die Titanic en haar tweeling suster in ‘n “my first bra”-tipe ingangsportaal forseer.  

Nou vra ek jou, Waar is die Donna Claire van voetwees nou eintlik?  As my voete ‘n siel gehad het, en ‘n hart, sou hul verpletterd deur die lewe gegaan het en hul name sou bekend wees as Onbeminde Olga met haar Hak Helga en Vet Let met haar hoë brug Etta.   Dink die hele wêreld dat vrouens nie meer boere bloed het nie en so verskaf hul nou net alles in klein nommers??

Darem sukkel ek nie om ‘n bra te kry nie…

Published by Melanie du Toit

I'm a Passionate Creative Writer who writes with rhythm and humor (I like a swear word here and there too). My Bachelor's degree in Dramatic Arts, as well as 9 years experience within the education system and entertainment industry, has marinated me to be an expert in my current craft. In my spare time, I'm a nomadic traveler. I love experiencing new tastes, painting on city walls, and discovering beauty in back alleys and untrodden streets. On the left side of my brain; I love going on new online business ventures, making money, and sharpening my skills by partaking in professional growth courses.

Join the Conversation

7 Comments

  1. Jis ou girl, dis nou ‘n wesenlike probleem. Mmm, as jy ‘ladies shoes in large sizes’ google, kry jy nogal ‘n string sites, maar dan is dit ‘n kwessie van deur die pos iets koop wat jy nie noodwendig van gaan hou as dit eers aan jou voete is nie… Ten minste sal jy nooit ‘n balans probleem he^ nie 😉

  2. Ek verstaan ook nie waarom hulle nie maar skoene in alle nommers kan maak nie — hulle maak dan strappie toppies en bikini’s tot diep in die nommers 40?!? Wat is die punt daarvan om die klere te he as dit in elk geval nie helfte van die lyf gan binne hou nie?

    En skoene is mos ‘n heel ander saak — dit is nie te se dat net oor jou voet nie in ‘n nommer 5 pas, dat jy nie ‘n ‘slender’ lyfie het nie?
    Maak my sommer lam.

  3. aaaaggge nee man!!! ek vat jou voete baie baie positief op!!! dink daaraan as jy by my en mams kom kuier kan ek nie jou skoene dra nie en jy nie myne!!! maar jy kan mams sin dra!! en sy wil nie joune nie….
    maar moenie dink ek gaan jou klere uitlos nie!!! en eks trots om `n usie te hê met `n nommer 8 SKOENTJIETJIE

Leave a comment

Leave a reply to Roer Cancel reply