September 2007


20061214_pain.jpg 

I do not ask for wisdom, not human love, not work, not knowledge, not for all things I have longed for…only a little freedom from pain!”  – Story of an African Farm (Olive Schreiner, 1883)

 

 

 

 

 

 

Voel jy ook intens seer?  Voel jy intens fisies seer?  Voel jy afgesonder van ‘n wêreld waar daar net wit duiwe en engeltjies rondsweef?  Het daar al ooit ‘n eksterne abstrakte faktor jou so fisies uitgeput en gepynig dat jy voel jy sal eerder wil dooi as om verder aan te gaan?  Maar soos Hamlet in die alombekende speech “to be or not to be” gesê het, ons mensDOM sal eerder in aanhoudende pyn op aarde lewe omdat ons te bang is vir wat in die “undiscover’d country” vir ons wag!

Hoekom leef ons vir 70 jaar, net om in daai jare alle soorte emosionele, fisiese en absurde pyn te ervaar?  Gaan ons in die namaals sit en dink:”Sjoe, maar daai was die goeie tye”?  Gaan ons ooit kan terug kyk op ons lewe? Is hierdie misterie van die lewe die dryfveer wat ons wel aan die gang hou?  Is ek rerig teenwoordig of is my lyf, my rekenaar, my vingers wat onwillekeurig op die tikbord dans en my gedagtes alles net ‘n illusie?  Is ek rerig wakker wanneer ek slaap?  Gaan ons na die plek heen waar ons is as ons slaap? 

Moet hierdie vrae onbeantwoord bly?  Of kan ons net so bietjie verlig word van pyn!? 

Thus conscience makes cowards of us all!”

Hieropvolgend is een van die mooiste gedigte wat nog ooit sy letters vir die wêreld gewys het.  As enigeen van julle al in hierdie situasie was, hoop ek jy verstaan.

MeublementEttienne van Heerden

sê my dat woorde nie tel nie

dat dit nie saak maak nie

dat die rooi byle van ons monde

val op dowe stompe          

ek ruik die speserye

van gesplete hout en tussen my vingers

krummel die saagsels: jaarringe

versplinter, bas breek

en die boom word in sy grein gewond;

wortel en tak uitgeroei

en die hompe hout,

‘n tak, ‘n mik

begin groei tot dooie meubels:

laai, stoelrug, vatsel,

kasdeur en rak, en sê vir my

dat woorde nie tel nie

dat in my kamer met die meubels, die stoel,

die gepote tafel, die hol kas wat luister,

die rak wat gryns, sê my daar het

onder die plankvloer eens ‘n boom gegroei?

3.jpg

Ek het nog niks ledemate of ingewande gebreek nie, maar daar is sekerlik nie een pyn wat naby ‘n hartbreek kom nie!  My hart is nog net tweekeer ordentlik gebreek.  Een keer deur my eerste liefde en ‘n tweede deur ‘n goeie vriendin, ek moet bieg dat die vriendin ‘n beter werk gedoen het.  Omdat ek altyd hierdie sêding het van:”Ho’s before Bro’s” ag ek my vriendinskap met spesiale mense baie kosbaar! Ek verstaan werklik as ‘n vriendin pyn ervaar omdat ek (volgens my) alle soorte pyn (behalwe die fisiese) al ervaar het, en dis ook dan hoekom ek hierdie post skryf vandag! 

roos0zn.jpg

Ek het ‘n stukkie van my hart verloor toe ek vandag in ‘n rooi gesiggie vaskyk omring deur trosende hande en daai bekommerde kyke op vriendinne se gesigte wat in ‘n kring om ‘n bolletjie pyn sit!  Voor my flikker aande van goeie tye, kroes hare, potplante, dagbreek, eiffels, PT broeke, Smash, ‘n geel vissie om ‘n arm, ‘n wynplaas en ‘n koue aand voor op die gras.  Voor my sit dié dierbaarste mens, ‘n mens wat ek alles mee deel, ‘n persoon wat altyd luister/inloer/leer/onthou en lag, ‘n meisie met nommer 7 slippers en ‘n verstopte neus.  Tweehonderd maal in ‘n sekonde speel die vraag in my kop af:”Hoe kan ‘n man nie mal van hul kop af verlief wees op haar nie?” “Hoe kan ‘n man nie mal van hul kop af verlief wees op enige meisie wat so oor hom voel nie?” Die antwoord is plein gestel:”Omdat daai man nié die regte man is nie!”  Dankie tog die verkeerde man het die eindelose bekommer, onsekerheid en hartseer van ‘n rooi roos gestop voordat die sy dorings haar begin versmoor het en haar weerhou om die regte man ontmoet!

 1.jpg   

My Roos

Jy leef met bloedrooi seëninge in ‘n kokon van vryheid en ‘n treursang

Jy streef na sukses, eenheid en beter dinge

Jy loop op paaie van sterk alleenwees

Jy groei in grond gebou van vriendskap en omgee

Jy ontmoet ‘n doring

Jy blom in weelde van liefde doudruppels

Jy glo in ‘n ewige toekoms en nasate

‘n doring snoei die gebreklikke uitkyke van ‘n skewe tak

jou eerste namaals ‘n boks tissues en ‘n happy meal

verlep, uitgedroog, stom, verstop…

Jy lig ‘n verlepte blaar op na God se trane

Jy word opgeswiep deur trosende hande

Jy staan op en sien die droeë doring van ‘n stommeling

Jy gewaar oorkant die highway ‘n vrugbare stuk grond met ‘n blonde bom

Begin stap…

My Roos jy’s sterk!

braces_diagram1.jpg

Wie is al geseën met een van hierdie outjies?  Ek is!  Al twee keer! As jy al die jare optel wat hierdie stewige paar blink karakters op my tande hulself vasgeboei het kom dit uit by – 5jaar! Dan nie nog genoem al die ander kreature wat ek moes dra nie. Soos byvoorbeeld ‘n koptuig wat jy in die aande aan jou drade vaspen, for more support (my ouma het altyd die ding van my kop af geruk en gesê die bruin kopmantel is die oorsaak  van al my lelike drome).

 tanda8.jpg

Hoekom het die menswees so ‘n strewe na twee rye perfekte, simmetriese, spierwit stel TANDE!  Ons kou die verskriklikste goed met hulle, ons byt en kners aan harde stukke voedsel.  Maar dan net om hulle weer te gaan politoer met ‘n mediumsagte haargebroetseltjie wat op ‘n stokkie vasgemaak is en ‘n mintgegeurde jellieagtige “substance”. 

Natuurlik sorg dit vir ‘n mooier voorkoms, ‘n vars soenbare asem en ‘n pragtige ID foto (O,wag, jy mag mos nou nie meer smile op hulle nie).

Ek verstaan net nie hoekom ek vir 5jaar van my prullejeug rondgehol het met ‘n kontrêpsie in my mond, wat nie net gemaak het dat almal my spot nie, maar wat tot in my onderste holaar gepyn het as ek my maandelikse besoek by die tandarts afgelê het.

Nou vra ek jou

Ai???

jak1.jpg

Ek is ‘n Moerawiese Jak de Priester fan!! Die man praat met my hart!!

 Ek het hom vanaand gewaar in die H.B. Thom Teater, Stellenbosch, waar hy deel is van ‘n reeks sangers en poësie skrywers wat die 3dae lange Versindaba maak!

 Dit was amazing en ek het net weer agtergekom hoe mal ek oor ons taal is.  Die kokketielkuifie sing darem maar oor stuitige dinge, maar op so ‘n subtiele manier dat jou ouma ook mal oor die fent sal wees!

As daar nie so baie teruggetrokke, high-up mense in die gehoor was nie.  Het ek sonder enige selfbeheersing op die verhoog gespring en die man se lekker loslit voete onder hom uitgesoen.  Maar ek het myself maar beteuel, al was daar op partykere nie plek vir my omgekrulde tone in my skoene nie.   

Jak, het my heel hoendervleis en bietjie lis gehad met sy liedjie van die rock and roll chick by die bar!

Hjak2.jpgê genade Jak! Hê genade!

Ek het ook so vinnig deur sy digbundel geblaai in die foyer van die H.B. Thom, en het net daar en dan besluit dat al moet ek 10 jaar spaar, dat ek hom eendag gaan kry om daai bundeltjie van hoek tot kant vir my erens langs ‘n rivier op baie kussings gaan lees, terwyl ek my hande deur sy haardossie vryf!

Jak, o, tog, jy’s my Skat!!