Het sandkorrels name? En as hulle het of gehad het? Sou 10 miljoen van hulle se naam Piet gewees het? of Susan? of Sonja?
Sonja is ‘n algemene naam, of Natasja/Natasha/Natascha of Jolandi/Yolandi/Jolandy.
Ja, sandkorrels sou nie name gehad het nie.. Maar as hulle sou, sou hul ma of pa hulle in nommers genoem het. Soos 1, 2 en 3. en dan sovoorts.
Of dalk het hulle net nie name gehad nie. Of dalk het hulle net nie name nie. Dalk is hulle net sand en sand het mos nie persoonlikhede nie.
Of het hulle?
Mei 28, 2008 at 13:34
Die klink soos ek, as ek in my plekkie met myself die lewe probeer uitredeneer.
Mei 30, 2008 at 19:10
Nee wat Melanie, ek dink jy het my by Susan of Sonja verloor…. 😳
Junie 1, 2008 at 20:01
Wat van Sandra, Sandy, Aleksander?
Junie 2, 2008 at 15:40
My ma is sonja,,,hehe
Junie 3, 2008 at 20:11
Ek het eens op ‘n tyd ‘n Sonja geken. Sy was nie ‘n baie aangename mens nie! Mmmmm?
;(
Junie 4, 2008 at 17:11
Een zeer grappige gedachte, in zoverre ik ze helemaal begrijp in je taal. Leuk om te lezen.
Junie 21, 2008 at 22:58
Wel, sandkorrels kan seker nie baie huisvas wees nie. Veral nie as die wind begin waai nie.
Julie 10, 2008 at 18:28
As ek ‘n sandkorrel gehad het, sou ek haar Sandy genoem het…
Augustus 9, 2008 at 21:51
My Skeinat onnie het toe klein was een vakansie by sy ouma-hulle op die plaas gaan kuier. Terwyl hy daar gekuier het, het hul kat kleintjies gekry. Hy het die katjies Zorro 1, Zorro 2, Zorro 3…tot en met Zorro 8 genoem. Maar Zorro 4 het ongelukkig gesterf…