Augustus 2008


Ek’s nou moeg vir ‘n random terugkeer na die gewone en selle ou storie. 

Gedog dinge verander en toe kom ‘n kameel en eet my twee hobbels op.  Nou waar gaan die res van die storie ons nou los? Dalk moet ons hulle een vir een, dis nou die hobbels, nie die kamele nie – Terug vat in ons rugstring? Dalk moet ons vergeet van die lang woestyn wat soos voorheen voor ons lê.  Kom ons elkeen vat ons wateragtige bagasie en loop ‘n alleen pad Suid en Noord van mekaar oor sandduine.  Want ek is nie lus vir jou vergeetagtigheid wat my pote moeg maak al lê ek op die gras.  Onthou my net vir dit wat ek is!  Onthou my net vir dit wat ek wil hê. Probeer my net die keer teen jou lobbe vasdruk sodat ons as een berg mure kan verskuif.

Anders kan jy jou kameeltone vat en self stap.

Noem my Breyten.

Noem my Vere.

Noem my ‘n Soldaat sonder klere.

Noem my enkeling

Noem my Pierre.

Noem my ‘n kartondoos sonder seer.

Ek dra jou kos

Ek dra jou pos.

Ek weeg jou lint en baksteen

Ek weeg jou kind en onderbeen.

Ek lê en wag

vir die dag

wat ek ook kan lag.

Nes jy. Terwyl jy my dra.