April 2009


Oral en erens is daar ‘n stukkie gif in jou kaak wat kners na vrot appels.  Kners na vrot appels wat gevaarlik na wurms krap. Krap om wurms wat vernuf toon deur eterig rondom jou bruinhare krul. Krul  jou hare ook rondom my benerige hande terwyl ek jou kakewang vir die laaste keer streel?  Streel terwyl wurms vernuftig die vel van my sagte been afvreet.  Vreet my vel wat sagkuns jou lippe ranSOENeer terwyl jou afguns my vergiftig.  Vergiftig en vergeet my enigste kloppende hart wat vreedsaam na jou gegooi word in die skemer. In die skemer van jou skaduwee.

Verstaan jy my?
Verstaan my!

Advertisements

 

Hy wag vir my op ‘n boot
Hy wag vir my op sy skoot.

Hy wag vir my net hy alleen,
Hy wag vir my op sy enkelbeen.

Hy wag vir my siedaar sy,
Hy wag vir my net vir my.

Hy wag vir my tot ek kom,
Hy wag vir my met ‘n blom.

Hy wag vir my sommer so,
Hy wag vir my driekeer bo.

Hy wag vir my met ‘n soen,
Hy wag vir my in sy skoen.

Hy wag vir my, ek hou aan met hoop.
Hy wag vir my, sonder om te loop.

                              

Ek is absoluut gaande oor Loftus Marais, nie net het die man ‘n woordspektrum van so oor die 50 miljoen nie, maar hy is geniaal en het ‘n ordentlike humorsin daarby (boekbekendstelling -i-)  . “Staan in die algemeen nader aan vensters” is sy debuut digbundel en omdat ek hier aan die anderkant van die wereld sit, kan ek ongelukkig nie die boek in die hande kry nie, maar is elke nou en dan op Litnet en Youtube om my Marais-gedigte voeding vir die dag in te kry.

 

Ek is een van die min gelukkiges wat ‘n vae verbintenis het aan die digter van die eeu.  Dis my beste vriendin, Rozel du Toit, se nefie.  Ek het tot die slotsom gekom- omdat ek en Rozel dieselfde van het, du Toit, dat Loftus Marais op ‘n vreemde manier ook familie van my is.  Alhoewel ek hom nog nooit ontmoet het nie, maar strengesproke indirek ontmoet het deur Rozel (alias die Roos), kan ek  wel die stelling maak – Loftus Marais is my familie en erens in my gene is daar ‘n bloedselletjie van sy intellek en kreatiwiteit en Awesomeness wat maak dat ek dalk eendag deur ‘n amateuragtige blogger, soos myself, gesien kan word as Uber-Amazing!

As julle almal daar buite dalk ‘n krokodilfonds wil hou namens my en sy bundel vir my wil koop en pos – julle is meer as welkom.

Groete en baie liefde

Jou grootse bewonderaar

Melanie/Karbinna du Toit

Jis, maar die mense hier kan raas.

Vrek, kan hulle bietjie kalmer?

Geskree, geproes, gehoes, gespoeg.

Griet, maar hulle hou nie op met raas.

Damnit, there’s no place to talk Afrikaans.

gekou, geskets, gekletter..

Krits, ek voel verlore.

Shit, hulle stink na vrot woorde.

Praat op kranksinnige note.

HUH?

Sjoe, maar my kop raas.

Ek kort ‘n vakansie.

‘n Vakansie in Afrikaans!!!

 

Het jy my gemis toe ek nie daar was nie?

Wel, nou is ek hopelik terug om elke aand vir julle ‘n ietsie te stuur …(My password was weg, en my ou e-mail stukkend)…  en om op julle posts te comment want hier in London is daar geen ander manier vir my om bietjie Afrikaanse literatuur in te neem as oor julle awesome blogs nie.  Behalwe as een van julle vir my ‘n boek of twee wil stuur.

Liefde en gou weersiens

Truly Yours

Melanie