Lekker tye


sharad-haksar2.jpg

Sonder enige motiewe vat ek ‘n pen en papier en begin kringetjies en kruisies teen myself te speel.

Ek verloor.

Altwee kere.

Ek luister na ‘n gedig wat gelees word deur my Muse wat in my teekoppie staan.

Ek speel weer.

Ek wen.

Altwee kere.

 dit was lekker

    Ek het ‘n wardrobe malfunction gehad, toe besluit ek om vir  die tema “rykmanskind” te gaan. Ek het. Ons het vertrek in ‘n kar (myne) genaamd ‘Cynthia’. Sy’s mooi. Vinnig. Gery na Vergelegen vir ‘n onveergeetlike aand van ballet, opera, sjampanje, oumense, viole, kerse, trompette, Afrika kore en knoffelbroodjies. Pruime.

    Op ons klein stukkie laslappie, het ek en Salomé onsself heelvoor gaan inwurm langs Random oumense en vier Weird mense. Die ryk, groot oom langsaan het ons eenkeer stil gemaak (“Keep quiet!”) toe opgewondenheid en die gewoonte om heeltyd hard te praat in klubs (Spur) ons nie laat dink het dat hierdie werklik ‘n plek is waar mense klassieke musiek waardeer en na wil luister nie, nes ek en Salomé.

    Na Jannie Moolman en sy krop vir ons gesing het. Die 10/13 jarige klein Japanesies van Durban hul viole ordentlik laat spaander het. Kondig die aanbieder aan dat ons nou almal gaan opstaan en litte roer, terwyl Claire Jonson ‘dance some more’ sing.

    Ek hoor ou tannies uiter: “Oh, shit!” en “Joy, you got a candle?”. Die weird mense doen onetiese danse. Ons dans maar net en bespreek solank wie wat vat dat ons so gou as moontlik kan weg. Verkeer is so ‘n helsem. Dit was lekker! Ons het toe gaan krieket kyk. Ons het lekker gespeel.

    Starlight Classics was ‘n wegbreek van realiteit.

    Die oom het “I’m so sorry” tydens pouse gesê!