Lewe


Ek geniet julle geselskap en teenwoordigheid, rerig ek doen. Ek geniet die lukrake kuiers by die Koningin se kop en in die vuil kombuis. Ek voel oorweldig deur ons vinnige besluite om olierige kos te eet, voor die televisie te dans en om te sing terwyl amateuragtige Brazilianers op hul bokskitare tokkel.  Ek geniet die trein trip oppad na ‘n nuwe bestemming wat ons self nie weet waarheen ons oppad is nie en ek geniet julle lus vir die lewe en laatnag gebeurtenis stories. Ek doen. Ek geniet julle.

, (KOMMA)

MAAR

ek kan nie die onrustigheid in my binneste keer wanneer ek dink aan ‘n verlore liefde erens oor die see.  Ek sukkel om te slaap na ons vriendelike en opgewekte geselsies wanneer ek dan, as julle weg is, dink aan ‘n pouveer en ‘n skaapleeu.  Ek grou aan my hart se kamers, na ons lieflike aand uit, wanneer ek op die toilet gaan sit en net die bruin toiletrol en ou ketting om my het vir geselskap.  Ek skree teen my toonmure wanneer ek dink aan ‘n verlate bed en ‘n oorronde Hemelsgemaakte Skepping wat ek wil vasdruk tussen my arms.

Ek geniet julle almal en hierdie plek SO baie. Ek belowe ek doen, rerig.

,(KOMMA)

MAAR

ek kan nie wag vir die dag wat ek uit hierdie vervlakse, goddelose plek kan ontsnap na my oorspronklike hart wat in ‘n wit en groen woonstelblok vasgepen is!

Al wat ek oor het is om onrustig geduldig te wag met ‘n vriendin op die skoot en ‘n selfoon teen die oor.

Advertisements

 

Ek vergeet soms van my bestaan en dan raak ek weg in die vreemde gevoel van alleen wees.   Net vir ‘n paar oomblikke vergeet ek van myself en bestaan net.  Net ‘n lyf wat eenkant sit en staan. Wat eenkant lê en lees, wat eenkant kos kook of ‘n sms tik.  Net vir ‘n oomblik vergeet ek van geld en klere. Net vir ‘n oogwink hou ek op met asem haal, hou ek op met kyk en fokus.  Net vir ‘n kort tydperk geniet ek niks en luister na niemand.

Net vir ‘n oomblik vat ek my hele siel na daar waar jy is en was en lag, ek loer oor jou skouer en verstaan die reuk van papier op jou nek.  Ek lees jou boek en blaai deur jou vingers met my woorde.  Ek loop deur jou hart en verander in jou sielsgenoot – vir ‘n oomblik.  Net vir ‘n oomblik verstaan ek jou gedagtes en weet dat jy elke oomblik my onthou. Ek eet die sonder-liefde-gemaak toebroodjie in jou maag en verstik aan ‘n pit.

Ek haal asem en my hart klop vinnig terwyl jy verdwyn in die verte. 

Jy bestaan nie, nie meer.

Oral en erens is daar ‘n stukkie gif in jou kaak wat kners na vrot appels.  Kners na vrot appels wat gevaarlik na wurms krap. Krap om wurms wat vernuf toon deur eterig rondom jou bruinhare krul. Krul  jou hare ook rondom my benerige hande terwyl ek jou kakewang vir die laaste keer streel?  Streel terwyl wurms vernuftig die vel van my sagte been afvreet.  Vreet my vel wat sagkuns jou lippe ranSOENeer terwyl jou afguns my vergiftig.  Vergiftig en vergeet my enigste kloppende hart wat vreedsaam na jou gegooi word in die skemer. In die skemer van jou skaduwee.

Verstaan jy my?
Verstaan my!

 

Ek het nou maar eenmaal `n groot liefde vir toffies.  Veral piesang.  Kyk, `n kind sonder `n ma of sussie sal veels geluk(kig) wees met een van daai onsmaakvolle lekkers wat soos `n stuk verharde trol snot lyk.  Maar ek is nou maal eenmaal `n girl wat hou van `n Wilson’s piesang toffie, hulle is sag, soepel en net die regte grootte.  Jy kan hulle saamvat klas toe en in die park met hulle gaan rondhuppel sonder dat hulle uit jou sak val. 

Soms voel ek soos `n 40-jarige vrou wat `n craving het vir eiervrug as dit by toffies kom. `n Mens is nou maar eenmaal so lus vir `n toffie dat jy skoon vergeet om jou tande te borsel net voor jy gaan slaap en dan die volgende oggend verras word met òf `n toffie in die hare òf `n gaatjie in die tande.  Nou ek het nou maar eenmaal 3 gate in my tande. 

 

Nie van toffies nie, maar van te veel Kak praat.

lc12_large.jpg  Sy het haar hart verloor. 

Nie aan ‘n man of ‘n vreemdeling nie.  Sy het haar hart net verloor.  Hy het weggeraak met ‘n mislukte huwelik.  ‘n Miskraam.  ‘n Verkoopte 4×4.  ‘n Waentjie vol groceries.  ‘n Onoopgemaakte persent.  ‘n Verlore liefde wat getroud terugkeer en ‘n slot wat geroes op die bed lê.

 losingheart_275_275.jpg

Sy het haar hart verloor aan ongeluk.  Toe selfsug en materialisme by die voordeur insluip het haar hart in die huis se mure ingesmelt in die kleinste deeltjies wat jare se soeke eers sal laat onthul.  Sy het haar hart verloor aan Muskadel en Hansa Pilsners. 

Sy het haar hart verloor in die openinge van ‘n verkeerde draai, ‘n droom nie gevolg en ‘n verkeerde besluit 28 jaar terug.

Sy het haar hart verloor, in ‘n ongeluk.  Aan Kanker. 

Sy het die enigste gedeelte van haar siel, ‘n hartvormige dop, verloor van te veel vet wat versmorend om die dooie are gedruk het. 

Sy het haar hart verloor,

Letterlik en Figuurlik…

Kry jy ook daai gevoel?  Jy weet? Daai gevoel wanneer jy net ses duisend mense wil doodmaak?

Wanneer jy so geirriteerd is met ‘n familielid jy sweer jy sal hulle ooglede oor hul kop trek en deur die Kreepy-Crawly se pyp druk. 

Die gevoel wat jy kry as jy high-heels dra en jy net wil skree as jy eenkeer bietjie skeef trap.  Die gevoel as jy ‘n jean wil aantrek en jou magie hang net so stukkie oor, dat jy jou pens wil afsaag of wil vas vir 7 dae.  Die gevoel as iemand jou vra om iets wat jy gesê het net weer te herhaal en jy hulle ore wil uitpluk omdat hulle nie die eerste keer geluister het nie. 

  Die gevoel as jy by die huis kom en die skottelgoed lê nogsteeds net so op die tafel, en nie ‘n kind of ‘n man sou enigsins die moeite doen om net ‘n vinger te lig en dit freakin’ wil op tel nie!  Die gevoel as die foon lui en jy nou weer moet vriendelik klink.  Die gevoel as jy net wil 10 minute later slaap.  Die gevoel as jy ‘n haarkapper wil bespreek maar almal is op vakansie! Die gevoel dat jy nou uit jou nate gaan spring as iemand aan jou vat of jou liefde wil gee.  Die gevoel dat jy so kwaad is vir die wêreld want die liewe Moeder het jou so tenagekom deur nie vir jou die klerekas of huis of potte of tipe teesmaak te gee soos wat jy dit wil hê nie!  Die gevoel wat veroorsaak dat jy ‘n tierboskat uit sy habitat wil gaan smyt en op sy nes wil gaan pis.

Daai gevoel, seuns, is iets wat julle nooit sal verstaan nie. 

Want daai gevoel is P.M.S!!

20061214_pain.jpg 

I do not ask for wisdom, not human love, not work, not knowledge, not for all things I have longed for…only a little freedom from pain!”  – Story of an African Farm (Olive Schreiner, 1883)

 

 

 

 

 

 

Voel jy ook intens seer?  Voel jy intens fisies seer?  Voel jy afgesonder van ‘n wêreld waar daar net wit duiwe en engeltjies rondsweef?  Het daar al ooit ‘n eksterne abstrakte faktor jou so fisies uitgeput en gepynig dat jy voel jy sal eerder wil dooi as om verder aan te gaan?  Maar soos Hamlet in die alombekende speech “to be or not to be” gesê het, ons mensDOM sal eerder in aanhoudende pyn op aarde lewe omdat ons te bang is vir wat in die “undiscover’d country” vir ons wag!

Hoekom leef ons vir 70 jaar, net om in daai jare alle soorte emosionele, fisiese en absurde pyn te ervaar?  Gaan ons in die namaals sit en dink:”Sjoe, maar daai was die goeie tye”?  Gaan ons ooit kan terug kyk op ons lewe? Is hierdie misterie van die lewe die dryfveer wat ons wel aan die gang hou?  Is ek rerig teenwoordig of is my lyf, my rekenaar, my vingers wat onwillekeurig op die tikbord dans en my gedagtes alles net ‘n illusie?  Is ek rerig wakker wanneer ek slaap?  Gaan ons na die plek heen waar ons is as ons slaap? 

Moet hierdie vrae onbeantwoord bly?  Of kan ons net so bietjie verlig word van pyn!? 

Thus conscience makes cowards of us all!”

Volgende Blad »