Observasie


Wit is ook maar net skynheilige Swart

Van voor gesien en van agter, is Wit silwerskoon en blink. 

Geklee in van die beste Armani pakke en Gucci skoene.  Oulik, vriendelik, bedagsaam.

En toe sy hardloop sien ons haar vuil voete, waaruit 2000 gevalle engele hul ontsnapping wil maak.

 

Hierdie is ‘n kommentaar op Johan se blog oor ‘skoon’ skottelgoed:

Ek kan nie kleinkry hoe iemand hulself kan was in die bad na ‘n modderige dag in die tuin en dan direk daarna proklameer terwyl hulle na die rand beenhare, erdwurms en oranje-goed kyk: “Sjoe, maar ek was Dhirrty, en nou voel ek so skoon!”

 

  Die obsessie oor die bekende Mona Lisa, geskilder deur Leondardo da Vinci, het my nog altyd gefassineer.

Dis nie so asof dit een van die mooiste skilderye ooit is nie.

Die kleure is maar bra vervelig en die vrou/man wat op die doek pruik is nou nie juis ‘n Sport Illustrated model nie.  Die landskap in die agtergrond is nie ‘n afbeelding van God’s window nie.  Haar hare lyk of dit so week, ongewas in Kaapse weer spandeer het.  Sy het ‘n langwerpige neus en geen wenkbroue. 

 

Dalk is dit haar verbeeldingryke oë wat almal in hulle lense laat stik.  Of haar groot hande wat wyd verspreid om haar arm gryp.  Of haar misterieuse glimlag.  Of die hele geskiedenis en intrige agter die man wat dit geskilder het.  Of dalk die obskure manier waarop sy sit.  Of dalk die feit dat haar onperfeksie op die ou einde Perfek was. 

Of dalk is dit net oor die Mona Lisa so normale en ongekompliseerde uitleg, wat dit baie maklik maak om ‘funny’ goed daarin te edit!

                                              Jy vra my om gou vir jou snoepie toe te loop terwyl jy nog kwylend in die bed lê en droom?   Wat gaan jy inelkgeval met R2 se toffies op hierdie huidige oomblik maak? 

Jy vra my om jou swere skoon te maak met my nuwe handsak? 

Jy vra my om drie dowe drolle te druk terwyl jy aanhou klets oor jou eskapades gistraand terwyl ek jou taak moes klaar maak, jy het my darem gevra.  Jy vra my om jou vrot vuil voete te was met my Redken hare? 

Jy vra my om jou tas te dra?  Jy vra my om jou gedagtes te reinig met my “unieke skoonheid en sjarme”?  Jy vra my om skyfies vir jou te voer wat ek met my eie hande moes rasper?  Jy vra my om my hart met ‘n vlymskerplem oop te kerf terwyl jy kyk, Sadis?   Jy vra my om my menswees wegtegooi en my persoonlikheid om te ruil vir nagte lange vrees?  Jy vra my om my rug te draai op my kinders wat skree terwyl jy met hulle speel?

Jy vra my om die bloukolle op my lyf toe te maak met serpe en truie in die middel van die Somer?  

Jy vra my om jou asblik uit te gooi?  Hoe op dees aarde kry jy Jaloesie, Agterbaks, Genetieseafwykings en Senuweeineenstortings in Een klein vullisdrommetjie.  Jy vra my om in ‘n sinkdakhuis in te trek?  Jy sê jy’s jammer…

Jy vra my om te trou? 

 “Ag, okay” 

   Jy sit in ‘n restaurant.  Voor jou sit ‘n nat-agter-die-oor tiener/universiteit  couple.  Inmekaar gevleg soos ‘n knoop wat jou pa in vislyn gemaak het om aas op die hoek te hou.  Jy sien hulle oë skitter, en hulle wimpers lyk ekstra lank soos wat die liefde uit hulle oogballe straal.  Hulle voorkoppe maak gedurig kennis.  Hulle hande doen die Tango en vier ander volksdanse.  Hulle voete druk mekaar knus vas, terwyl hulle tone kennis maak met mekaar.

                                                           “Hi, eks kleintoon!”

                                                                                                                            “Hi, eks geentoon!”

   Party van die tone hou van mekaar en ander nie, maar hierdie is dus nie hul eienaars se probleem nie, want solank die eienaar en sy metgesel lus is vir mekaar sal hulle tone maar oor die weg moet kom. 

Net voordat jy jou eerste happie Burger vat, verskuif die een se hand om die ander se nek.  Gedurende die byt van jou maaltyd besef jy dat jy nie die enigste een op die grasperk is wat nou iets gaan eet nie. 

Daar ontstaan ‘n Pretty Woman scene wat gemeenskap gehad het met ‘n scene uit Eyes Wide Shut.  Jy kou vinniger en harder aan jou Burger sodat jy net kan loop en wegkom van hierdie onstabiele duifies.  Wat koer in mekaar se nekke en pronk-pronk liefdeswoorde uiter. Jy staan vies op en loop weg met ‘n vinnige pas.

Net agter jou sit ‘n jong paartjie, totaal en al woordloos oor die manier hoe jy nou net jou Burger vermorsel het.  “Het hy dan geen skaamte nie, Skat?  Dink hy die mense sien hom nie?”

 

 

cool

 Ja, almal het bymekaar gekom vir ‘n bier.  Want die KKNK was hier!  Daar was so baie bekendes, tonele, biltong, verassings, sangers, sangeresse, tente en Patricia Lewis.  Dit was rerig ‘n tyd om trots te wees op jou taal (dis nou as jy Afrikaans is), met ons oulike en baie oorspronklike en soms pikante sê-goed op T-hemde.  Om elke hoek en draai was ‘n stalletjie wat ietsie lekkers verkoop of ‘n bekende wat saam sy familie ‘n rustige maaltyd geniet by ‘n plaaslike restaurant.  Die volk het almal saam gesnoer soos een reënboogklerasie. 

Ek was nie daar nie.

daggie-in-canalwalk-005.jpgMy naam is Rolf.  Ek is nie ‘n Golf.  Ek is ‘n opreg geteelde Volkswagen kewer.  Sonder ‘n lewe(r).  Dit was nie my keuse om ‘n ‘has-been’ te word.  Dit was die company, hulle het geld gekort.  Toe vat hulle my boetie en pimp hom op.  Ek het hulle almal amper onder die gat geskop.  Maar ek het mos nie bene nie, soos jul kan sien.  Ek is geseën met ‘n ronde neus en ‘n pap wiel.  My hart sit in my agterstewe, dis rerig ‘n wonderwerk dat ek nog lewe.  Daar’s nie eintlik plek vir iets in my kattebak, miskien ‘n koffer, ‘n baaibroek en ‘n vlieëplak. 

Mense onderskat my geheue en spoed, as ek perongeluk voor hul indraai dan word ek gevloek.  Ek’s oud, okay, sien sal ek baie graag wil.  Maar lyk dit vir jou of my oë gepas is vir ‘n bril?  Jy hoor my van ver af nader kom, jammer ek leef, maar ek brom.  Ek is ‘n bejaarde, want ek is sewe eeue oud.  My vel is afgedop en my enjin koud.  Ek is uniek in enige kar se soort.  Vat my vir ‘n gek, doen dit, gaan so voort. 

Nou word daar vir my nog gesê waar ek myself kan stop, my ander parkeerplek is gesteel deur ‘n swart twee-deur pop.  So haal daai boetekaartjie nou van my gesig af, ek is oud, ek sit hier en wag want ek mag.

« Vorige BladVolgende Blad »