Uncategorized


Ek loop in jou vas en vergeet my naam.

Ek kierang en slinger oor ‘n ritmiese maan;

hou piekniek op my eie en gaan dan bed toe vir ‘n laatnag-nag-nagmerrie.

… Jy staan langs ‘n oop graf en loer af in die put. Almal dra hanswors pakkies en erens in ‘n hoek staan ‘n familie met ‘n virus oor hul koppe.  Jy gooi jou eerste hopie grond op my en ek skrik wakker…

Ek staan verstom oor die feit dat jy nou net jouself in ‘n grondgraf begrawe het.

Met my reg langs jou.

Advertisements

Hoekom kon ons nie net by die huis sit en geld verdien nie?

Werk is so overrated..

Wie doen rerig iets vir ‘n lewe waaroor hulle passievol is?

Ek wil rerig weet..

Beantwoord my!!

 

Hy wag vir my op ‘n boot
Hy wag vir my op sy skoot.

Hy wag vir my net hy alleen,
Hy wag vir my op sy enkelbeen.

Hy wag vir my siedaar sy,
Hy wag vir my net vir my.

Hy wag vir my tot ek kom,
Hy wag vir my met ‘n blom.

Hy wag vir my sommer so,
Hy wag vir my driekeer bo.

Hy wag vir my met ‘n soen,
Hy wag vir my in sy skoen.

Hy wag vir my, ek hou aan met hoop.
Hy wag vir my, sonder om te loop.

Ek’s nou moeg vir ‘n random terugkeer na die gewone en selle ou storie. 

Gedog dinge verander en toe kom ‘n kameel en eet my twee hobbels op.  Nou waar gaan die res van die storie ons nou los? Dalk moet ons hulle een vir een, dis nou die hobbels, nie die kamele nie – Terug vat in ons rugstring? Dalk moet ons vergeet van die lang woestyn wat soos voorheen voor ons lê.  Kom ons elkeen vat ons wateragtige bagasie en loop ‘n alleen pad Suid en Noord van mekaar oor sandduine.  Want ek is nie lus vir jou vergeetagtigheid wat my pote moeg maak al lê ek op die gras.  Onthou my net vir dit wat ek is!  Onthou my net vir dit wat ek wil hê. Probeer my net die keer teen jou lobbe vasdruk sodat ons as een berg mure kan verskuif.

Anders kan jy jou kameeltone vat en self stap.

Noem my Breyten.

Noem my Vere.

Noem my ‘n Soldaat sonder klere.

Noem my enkeling

Noem my Pierre.

Noem my ‘n kartondoos sonder seer.

Ek dra jou kos

Ek dra jou pos.

Ek weeg jou lint en baksteen

Ek weeg jou kind en onderbeen.

Ek lê en wag

vir die dag

wat ek ook kan lag.

Nes jy. Terwyl jy my dra.


In plaas van om 20 vlieë
of 20 turke
of 20 konfytrolle
of 20 klokke te slaan.
Slaan jy voor jy jou kon kry
20 JAAR
en nie ‘n dag minder nie.

 

 

Ja, jou tienertyd is nou verby en al jou liggaamsdele is nou so te sê gemaak en laat staan. Jy besef ook nou natuurlik dat jou spiere nie meer so maklik sal kan rek/strek nie en so is jou kanse daarmee heen om jou tone gemaklik te kan lek sonder om jou knieë te buig. Jou vel is nou ‘n sentimeter dikker (miskien van vet, miskien nie). Jy moet nou internetbanking kry en dinge met tjeks of kredietkaarte begin betaal. Jy moet budgets uitwerk en vroeg gaan slaap. Jy moet spaar vir vakansie saam jou kroos en jou stokperdjies se saal afhaal. Jy moet eet wat in die kas is en ou klere weggooi of skenk aan minderjariges. Jy moet ook nou jou eie petrol aankweek en met tabak jou zolle rol. Jy kan maar sonder skaamte kaalvoet gaan stokkielekkers koop by die One Price Store en oranje oorbelle dra. Lewe is ‘n lied so skryf hom in ‘n Oktaaf laer, maar moenie te veel moeite doen nie, net nou ooreis jy jou lyf.

Nou staar jy mondigheid in die oë en skree:”Kan nie wag vir die party nie!”

(Geluk met jou verjaarsdag Gido/BFF!!)

(Geluk met jou verjaarsdag Roos – I’ve got your back)

  Hoekom sit daar altyd

 een/twee/drie/vier gedagte(s) vas in ons brein? 
Wat ons net nie kan/wil/sal vergeet nie!?
 Hierdie ding/gebeurtenis speel hom/haarself af oorenoorenoor!!
 Tot dit ons almal dryf tot waansin/malligheid en ons nuwe idees/vriende/ouers vergelyk met mekaar
 en ek/ons (almal) net meer depressief/deurmekaar raak en ons vergeet wie/wat ons eintlik is. 
  
In 3de Laan regoorkant die blomme/sjokolade winkel en skuins-langs die Oogkundige/Hartdokter 
is die geheueverlies winkel.  Gaan koop vir jou ‘n boksie en vergeet jou lewe/ervarings!!

“Koop vir my ‘n CD”